Vroeg verlede Saterdagoggend het Volkskool Orania hul sewe-en-twintigste verjaarsdag met ‘n feestelike potjiekoskompetisie afgeskop.

Dit was ook die begin van ‘n fondsinsamelingsprojek vir groot uitbreidings aan die bestaande gebou, waarvan die planne reeds by die argitek is. Die leerlingtal het in so ʼn mate toegeneem dat die skool dringend groter ruimte benodig.

Die skoolhoof, mev Anje Boshoff, het haar dankbaarheid uitgespreek oor die fenomenale groei van die skool – nie net in getalle nie, maar in diepte en omvang van onderrig en interne groei. In 1992, toe Volkskool begin het, het hulle onder die destydse Kaaplandse Onderwysdepartement geval. Vandag is dit die derde leerplan wat hulle volg, sê Anje. Die skool het 110 afstandonderrigleerders en 130 leerders wat daagliks die skool bywoon. Sy sê dat daar soms moeilike tye was, maar dat die vreugde van sukses dit oor en oor die moeite werd maak.

Deur: Orania Beweging Nuusbrief 18 Junie 2018


Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.