Dr Verwoerd se stanbeeld kry ereplek op Orania

Die standbeeld van dr Verwoerd wat in die HF Verwoerd-gebou in die Parlement in Kaapstad gestaan het, het onlangs 'n ereplek op Orania gekry, naamlik in die Orania Beweging se oopplan-kantoorruimte. Die beeld weeg meer as ‘n ton en is met ‘n vurkhyser op sy plek staangemaak. Die oopplan-kantoorruimte word die Oorlogskamer genoem en is ‘n konsep wat as ‘n projekbestuurmeganisme ontstaan het, waar ‘n span in een oop vertrek saamwerk aan ‘n oorhoofse groot projek – in hierdie geval om Afrikanerselfbeskikking in die Noordwes-Kaap te verwesenlik.
Read more
  • 0