Permakultuur in Orania

Ek is ’n nuwe intrekker op Orania, maar net 5 maande hier.   Benewens die soektog na doelgerigte gemeenskap het Orania se omgewingsvriendelikheid – ‘groen’ gesindheid my hiernatoe getrek. My man en ek woon hier op ’n 1 hektaar stukkie karooparadys met volop grondwater en sonkrag. Ons gryswater lei ’n gedeelte van ons land nat, waar ons binnekort vrugtebome wil begin aanplant. Ons het so pas ons skadutonnel klaar gebou, die komposhope lê gereed en nou is daar geen verskonings meer oor om nie met alle erns te begin groente plant nie. Ek neem jou graag saam met my op my reis na selfstandigheid en voedselsekerheid binne die raamwerk van permakultuur. Tegnologiese vooruitgang, wonderlik as wat dit is en hoe baie die mensdom ookal daaruit voordeel getrek het, het ons van ons eie wortels losgesny. Ons het ons natuurlike verbinding tot ons Aarde en daarmee ons respek vir haar verloor. Ons buit haar nou kortsigtig uit en offer haar op aan die god van kapitalisme. Ons het so ver we…
Read more
  • 0

Kort- en langtermyndenke van Orania

By die Orania Beweging (of dorpskantoor, of eiendomsagente) hoef ons nie koerant te lees om te weet of daar weer ʼn vreesaanjaende storie op die voorblaaie was nie, ons moet net kyk na die volumes navrae oor Orania. As daar weer ʼn misdaadgolf was, as ʼn nuwe skandaal die land skud, as nuwe wetgewing oor grondgryp voorgestel word, as daar slegte ekonomiese nuus is, dan lui die telefone en is die e-posbusse vol. Dikwels beteken die skielike belangstelling ook die eis na onmiddellike hulp: Orania moet nou vir my werk en behuising hê, nou moet “julle” iets doen aan hierdie en daardie dreigende toedrag van sake. Natuurlik is dit verstaanbaar, en ons kla glad nie oor die navrae en belangstelling nie, trouens, daarsonder sou ons die Orania Beweging kon toemaak. Hoe meer belangstelling, hoe meer navrae, hoe meer aansluitings, hoe sterker word Orania en die Orania Beweging en hoe meer geleenthede en plek kan ons vir ons mense skep. Maar, ongelukkig is die teendeel ook waar: as daar…
Read more
  • 0