Orania Karnaval Reuse Sukses

Die pasafgelope Karnaval, waartydens Orania se 25ste bestaan as Afrikanergroeipunt ook gevier is, was `n reuse sukses. Woensdagaand het dit afgeskop met die Kaalvoetkonsert wat elke jaar baie goed deur die gemeenskap ondersteun word (Lees meer oor die konsert in die berig ‘Pragtrappe amptelik onthul’). Donderdagaand het die sanger, Stef Kruger tydens die jaarlikse Aand van Legendes opgetree. Hy is verantwoordelik vir die skryf van groot treffers soos Pennies op die spoor, Grassade en vele ander. Vrydagaand se vuurwerkvertoning was weer `n hoogtepunt. Vanjaar is daar ook `n indrukwekkende lyndansvertoning aangebied. Vir die fikser feesgangers was daar `n aandwedloop aangebied deur Helpende Hand, asook `n Karnavalmyl wat die Saterdagoggend plaasgevind het. Saterdagoggend het die feestelikhede vroeg begin met stalletjies, verfbal, `n meganiese bul en verskeie ander aktiwiteite. In samewerking met Helpende Hand het die Orania Dorpsraad vir die eerste keer `n skopfietsresies…
Read more
  • 0

Orania Karnaval

Orania herdenk sy 6de Karnaval in 2017.  Almal word hartelik uitgenooi deel te wees van die dag se feestelike aktiwiteite. Tydsduur: 5-8 April 2017 Algemene inligting Woensdag 5 April Tyd Item 14:30 Kaalvoetkonsert: Wie laaste lag... Φ30 vir volwassenes en Φ15 vir skoolkinders. Gemeenskapsaal - Lida Strydom 053 2070 064 Kaartjies vooraf by Orania Poskantoor te koop  19:00  Amptelike opening Gemeenskapsaal - Harry Theron  19:00  Kaalvoetkonsert: Wie laaste lag... Gemeenskapsaal - Lida Strydom 053 2070 064 Φ30 vir volwassenes en Φ15 vir skoolkinders Kaartjies vooraf by Orania Poskantoor te koop DONDERDAG 6 APRIL Tyd Item 09:00 Huppelkind verjaardagviering Huppelkind - Esna Schumann 082 472 0637 14:00 Stigtingsdagviering: Aankoms van die Drommedaris, Reijger en De Goede Hoop-vlotte Oewerpark - James Kemp 071 151 6466 18:00 Bekendstelling: F-Reeks van Ora-stelle Gemeenskapsaal - Orania Sakekamer 082 683 6317 (Hierdie geleentheid vorm deel van die Klein Re…
Read more
  • 0