Orania Karnaval Reuse Sukses

Die pasafgelope Karnaval, waartydens Orania se 25ste bestaan as Afrikanergroeipunt ook gevier is, was `n reuse sukses. Woensdagaand het dit afgeskop met die Kaalvoetkonsert wat elke jaar baie goed deur die gemeenskap ondersteun word (Lees meer oor die konsert in die berig ‘Pragtrappe amptelik onthul’). Donderdagaand het die sanger, Stef Kruger tydens die jaarlikse Aand van Legendes opgetree. Hy is verantwoordelik vir die skryf van groot treffers soos Pennies op die spoor, Grassade en vele ander. Vrydagaand se vuurwerkvertoning was weer `n hoogtepunt. Vanjaar is daar ook `n indrukwekkende lyndansvertoning aangebied. Vir die fikser feesgangers was daar `n aandwedloop aangebied deur Helpende Hand, asook `n Karnavalmyl wat die Saterdagoggend plaasgevind het. Saterdagoggend het die feestelikhede vroeg begin met stalletjies, verfbal, `n meganiese bul en verskeie ander aktiwiteite. In samewerking met Helpende Hand het die Orania Dorpsraad vir die eerste keer `n skopfietsresies…
Read more
  • 0