Arbeid adel – die vrug van selfwerksaamheid

“Arbeidsetiek is die DNA van Orania” hoor ek ons Dorpsbestuurder se stem by ‘n vergadering waar ons die praktyk van selfwerksaamheid in Orania bespreek. Ek kyk by die venster uit. Hier op Orania gaan die dae verby – een mooier en meer vol poësie as die ander! Beleë en gekoester lê die omgewing soos ‘n natros en ‘die jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lig wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word’, hoor ek Van Wyk Louw saampraat. Wat ‘n heerlike seisoen! Om fluks en vlytig te wees, is ‘n deug waarvan die voordele dieper as veldiep lê, dieper as wat die oog kan sien. Daarom is dit een van die sewe deugde wat in die Christelike tradisie van geslag tot geslag oorgedra moet word. “Werk behoort liefde te wees wat gestalte gekry het”, skryf J van der Berg in Ook die Klein Dingetjies, “want diegene wat met liefde werk – al is die werk hoe nederig en gering – vind hul loon in die besef van hulle dieper verband met alle wesenlike di…
Read more
  • 0

Geleentheidsrede by die herdenkingsdinee van die Orania Beweging op sy dertigste verjaarsdag 21 Maart 2018

Vriende en kamerade – mede-Oraniërs, mede-Afrikaners en medestryders vir die vryheid van ons volk Dit is ’n besondere geleentheid om by wyse van hierdie samekoms die gebeure van 30 jaar gelede, toe die Afrikaner-Vryheidstigting in die lewe geroep is, te herdenk. Terwyl dit 30 jaar gelede netso onmoontlik was om vooruit te sien presies waar ons vandag sou wees as wat dit vandag is om presies te weet waar ons oor nog 30 jaar sal wees, is dit vanaand wel moontlik om ons gedagtes oor die afgelope drie dekades te laat gaan en die onbekende uitdagings wat voorlê aan die hand daarvan tegemoet te gaan. As die verlede ’n aanduiding is van wat in die toekoms verwag kan word – en daar is goeie rede om van dié veronderstelling uit te gaan – dan is die een eienskap waaroor ons moet beskik, avontuurlus (waarby inbegrepe verbeelding, want sonder ’n sterk verbeelding maak avontuurlus eintlik nie sin nie. Sedert daardie herfsaand in Pretoria 30 jaar gelede toe ’n klein groep Afrikanerd…
Read more
  • 0

Orania enigste volhoubare en langtermyn oplossing vir die onsekerheid en vervreemding wat ons mense tans teister

Jaco Kleynhans, Uitvoerende hoof van die Orania Beweging skryf: "Die werklike tekens van hoop vir die Afrikaner lê op ’n minder materiële terrein en in besonder in ons mense se toenemende vermoë om buite die klassieke grense van Suid-Afrika en sy dinge na oplossings vir die toekoms te kyk. Hier verwys ek juis nie na emigrasie nie, maar eerder na die afskud van die beperkende visie wat die huidige politieke orde in Suid-Afrika vir ons inhou. Afrikaners se bereidwilligheid om gedurende Oktober op ’n baie spontane wyse regoor Suid-Afrika aan die sogenaamde Swart Maandag-optogte deel te neem, was ’n baie goeie voorbeeld van ’n volk wat begin om sy eie reëls te maak. Terwyl ons reeds vir meer as 25 jaar die Orania-idee aan Afrikaners voorstel, is daar juis weens ’n snelveranderende denke by Afrikaners die afgelope tyd ’n groterwordende herbesinning oor die idee van volwaardige Afrikanerselfbeskikking in die Noordwes-Kaap. Die Orania Beweging het vanjaar sy beste groei nog o…
Read more
  • 0

Vrae en antwoorde oor die e-Ora

Die​ ​eOra​ ​is​ ​‘n​ ​digitale​ ​weergawe​ ​van​ ​Orania​ ​se​ ​privaat​ ​betaalmiddel,​ ​die​ ​Ora.    Die​ ​eOra​ ​ondergaan​ ​tussen​ ​einde​ ​2017​ ​en​ ​begin​ ​2018​ ​‘n​ ​toetsfase,​ ​oftewel​ ​betafase,​ ​en​ ​is  daarom​ ​slegs​ ​vir​ ​‘n​ ​beperkte​ ​groep​ ​gebruikers​ ​beskikbaar.     Hierdie​ ​dokument​ ​verskaf​ ​meer​ ​inligting​ ​oor​ ​die​ ​eOra. Agtergrond Die​ ​tradisionele​ ​Ora  Orania​ ​is​ ​bekend​ ​vir​ ​die​ ​gebruik​ ​van​ ​‘n​ ​betaalmiddel,​ ​oftewel​ ​eie​ ​“geldeenheid”,​ ​die​ ​Ora.​ ​Die  eenheid​ ​bestaan​ ​sedert​ ​2006,​ ​is​ ​een-tot-een​ ​gekoppel​ ​aan​ ​die​ ​Suid-Afrikaanse​ ​Rand​ ​en  word​ ​parallel​ ​daarmee​ ​in​ ​die​ ​dorp​ ​as​ ​betaalmiddel​ ​aanvaar.​ ​Die​ ​Ora​ ​word​ ​uitgereik​ ​deur​ ​die  plaaslike​ ​sakekamer,​ ​in​ ​samewerking​ ​met​ ​die​ ​plaaslike​ ​gemeenskapsbank,​ ​die​ ​OSK  Koöperatiewe​ ​Bank​ ​Beperk​ ​(OSK).    Alhoewel​ ​die​ ​betaalmiddel​ ​as​ ​‘n​ ​eie​ ​“geldeenheid”​ ​bekendstaan,​ ​is​ ​dit​ ​on…
Read more
  • 0

Orania se ekonomiese model en die e-Ora

(Hierdie artikel het oorspronklik in Mei 2016 verskyn en word weens die debat oor die e-Ora en oor Orania se ekonomie met enkele toevoegings weer geplaas). Talle besoekers aan Orania (en waarskynlik nog meer mense wat Orania nog nie besoek het nie) het die persepsie dat Orania volgens een of ander sosialistiese model bestuur word, omdat ons sê dat ons ‘n gemeenskap is. Die persepsie is byvoorbeeld dat jy grond nie kan koop nie en dit nie jou eiendom is nie, maar dat jy net ‘n lewensreg het en dit ook nie mag verkoop nie, behalwe aan die maatskappy en sonder wins. Verder is die persepsie dat die dorp se inkomste uit die gemeenskaplike boerdery kom en die inwoners se inkomste na die bestuur toe gaan wat dit dan gebruik vir ontwikkeling en om almal se salarisse te betaal. Daar is blykbaar ‘n probleem om die idee van privaatbesit en privaatinisiatief met die idee van ‘n gemeenskaplike strewe te versoen. Privaat word gekoppel aan individualisme, en gemeenskap aan sosialisme…
Read more
  • 0

SEB, belasting en blankes

Dit is 'n feit dat die aandeel van die blanke in die BNP van die land buite verhouding groot is vanweë hul kundigheid, innovasie en produktiwiteit. Dit geld ook die bydrae van die blanke tot die belastinginkomste van die staat. Die regering gaan egter voluit om belastinggeld uitsluitlik vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) aan te wend, terwyl sover doenlik die aanwending van belastinggeld weggehou word van blankes. Die inkomste van die SA staat kom tans 37,5% van persoonlike belasting, 27% van BTW, en 19,3% van maatskappybelasting, wat 'n totaal van 83,8% maak, met 16,2% wat van die res afkomstig is. Nou reken ons: Dit is hoog tyd dat blankes in SA aan die regering 'n boodskap stuur op die wyse wat die seerste maak, nl. om te begin om gekoördineerd en binne wetlike paremeters belasting te weerhou. 'n Demokratiese regstaat bestaan basies uit 'n sosiale kontrak tussen onderdane en verkose owerheid met die ooreenkoms: Ons gehoorsaam jou en betaal belasting, sodat jy ons le…
Read more
  • 0