Afrikanerkonsentrasie moet antwoord op grondpolitiek wees – Orania Beweging

Die Orania Beweging het, in reaksie op die aanvaarding van die EFF se mosie oor grondonteiening vroeër hierdie week in die parlement, gesê dat Afrikaners geen ander keuse het as om die noodsaak van konsentrasie te besef nie. Afrikaners as ’n minderheid wat baie grond regoor Suid-Afrika besit, is duidelik in die visier van die eskalerende grondpolitiek in ons land. Ons boodskap aan Afrikaners is dat dit oor die langtermyn nie volhoubaar sal wees om as ’n klein en ylverspreide minderheid grond en die belange wat daarmee saamgaan regoor Suid-Afrika te probeer beskerm nie. Ons moet ’n ernstige strategie van konsentrasie implementeer met meerderheidsbesetting van ’n deel van Suid-Afrika as die eerste prioriteit. Populistiese grondpolitiek is besig om as ’n wesenlike risiko vir Suid-Afrika te ontwikkel. Die idee dat toegang tot grond die oplossing vir mense se armoede en werkloosheid kan wees, is verregaande. Grond is min werd sonder kapitale spandering op die grond, sowel as …
Read more
  • 0