Gunstige uitspraak vir Orania by die Uitsaaiklagtekommissie in eNCA Regsgeding

Na ʼn lang regsproses is daar finaal in Orania se guns beslis na die afloop van die Orania Beweging se klagte by die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika. Die uitslag bevestig dat die eNCA onakkuraat, onregverdig en onjuis oor Orania berig het. Hierdie beslissing volg na ʼn besoek in April van die eNCA aan Orania, waartydens Orania se eie-arbeid beginsel grof misken is en bewerings gemaak is dat Orania geen erkenning aan ander rasse gee nie. Die Uitsaaiklagtekommissie het insette van beide partye gekry en daarna in Orania se guns beslis en die eNCA opdrag gegee het om ʼn openbare verskoning aan Orania te rig. eNCA se regspan het teen hierdie uitspraak appelleer en die saak is na ʼn tribunaal verwys. Die reuse onkostes wat met goeie regsverteenwoordiging gepaard gegaan het, het die Orania Beweging genoop om ʼn openbare veldtog te loods waarin lede en ondersteuners versoek is om ʼn bydrae te maak om te help om die onkostes te dek en geregtigheid te laat seëvier. Die personeel van …
Read more
  • 0