Die altyd wederkerende vraag oor arm en ryk

Orania is nou al van sy begintyd af gewoond aan ewig dieselfde en wederkerende beskuldigings. Heel eerste is gesê dat ons nie water het nie omdat ons in die Karoo geleë is (al is ons teen die Oranjerivier geleë) en daarom nie kan boer nie. Nadat die groot landbouskema met pyplynstelsel en honderde hektaar waterregte aan die gang gekom het, het dié absurde beskuldiging verstom. Volgende, en iets wat nog steeds so nou en dan sy verskyning maak, was die “verregse/rassiste” beskuldiging of vooroordeel. Iewers moes selfs die laaste ou besef, na besoeke van presidente Mandela en Zuma, Julius Malema, talle premiers en swart joernaliste, amptenare en besoekers en die ontspanne verhouding met bruin- en swart mense in die omgewing, dat ons nie sulke groot rassiste kan wees nie en so het dié cliché verdwyn. Net buitelandse joernaliste, wat in elk geval min van Suid-Afrika verstaan, hou nog daaraan vas. Die volgende een (dikwels gelyklopend met die vorige een) was die een van agterli…
Read more
  • 0

Hoekom kan Orania nie alle arm Afrikaners help nie?

Die behoefte onder ons mense is groot en daagliks kry ons versoeke van Afrikaners wat vra oor werk en behuising in Orania. Daar is ‘n verskil tussen iemand wat na Orania toe trek oor die ideaal en wat probeer uitvind watter werk daar is en watter eiendomme te huur of te koop is, wat vir enige verhuising ‘n voorvereiste is, en mense wat iewers gehoor het dat Orania arm Afrikaners help en wat wil kom met die verwagting dat Orania ‘n welsynsdorp is waar jy van toelaes en in gratis woonstelle kan bly. Ten eerste is ons fondse heeltemal te min om groot getalle Afrikaners deur middel van welsyn te help. Dink aan die reuse bedrae wat elke maand in staatspensioene uitbetaal word (wat nie eers lewensvatbaar is nie), en jy kry ‘n idee. Orania kan nie ‘n halfmiljoen behoeftige Afrikaners onderhou nie, nie eers 10 000 of ‘n duisend nie. Wat is dan die doel van Orania, sal mense vra, as julle nie iets kan doen aan die volk se ellende nie? Is dit dan net vir rykes? Daarop kan ons tw…
Read more
  • 5

Orania veil twee kunswerke op ten bate van hulpbehoewende Afrikaners

Kunswerke deur twee van Suid-Afrika se skildermeesters word tans ten bate van hulpbehoewende Afrikaners in Orania opgeveil. Een is ’n Pierneef-skildery genaamd Struisbaai en die ander ’n Meerkotter getiteld Katedraalvenster. Die skilderye is deur Johanna Pohl, weduwee van die bekende Afrikaanse komponis en sanger Jan Pohl aan die Orania-beweging se Helpsaamfonds geskenk. Pohl, ook die broer van die afgestorwe aktrise prof. Anna Neethling-Pohl, is ná sy dood in Julie 1997 in Orania begrawe. Sy vrou bly steeds in Philippolis in die Vrystaat. Die skilderye kom uit haar en haar man se private versameling. James Kemp, die woordvoerder van die Orania-beweging, sê in ’n verklaring die Helpsaamfonds, ’n filiaal van die beweging, het ’n aanlyn veiling begin waar dié twee kunsskatte opgeveil word. “Die Helpsaamfonds se doel is om Afrikaner-armoede op ’n volhoubare wyse die hoof te bied. Dit sluit in die oprigting van subekonomiese behuisingsprojekte soos Elim,” het Kemp ge…
Read more
  • 0