Suid-Afika se mediese dilemma

In Suid-Afrika, so wil dit voorkom, het jy twee keuses as jy ernstig siek is: of jy gaan dood in ʼn staatshospitaal, of jy gaan bankrot in ʼn privaathospitaal. Ons sit met ʼn tweeklasse-medies: swak, basiese maar gratis gesondheidsorg deur die staat, wat beter is as niks nie maar wat gerig is op die behoeftes van die Derde Wêreld en wat ook toenemend verswak, en state of the art privaatmedies, met hospitale wat lyk soos 5sterhotelle en nog meer as sulkes per nag kos. Laasgenoemde word moontlik gemaak deur mediese skemas met hulle verwarrende hoeveelheid opsies en tariewe. Feit is dat, as jy en jou gesin ten volle medies gedek wil word, dan moet jy ʼn groot deel van jou salaris opdok, iets wat min gemiddelde mense kan doen. Daar is altyd weer nuwe skemas wat die dilemma probeer oplos en wat met heelwat laer premies kliente lok, maar die fynskrif sluit dikwels dit wat werklik nodig is uit. In Orania is seker die grootste behoefte, volgens die inwoners, medies. Verkieslik ʼn hos…
Read more
  • 0

Mnr Carel Boshoff, ontmoet voormalige President van Suid-Afrika, Mnr Thabo Mbeki

Mnr Carel Boshoff, President van die Orania Beweging, het onlangs met die voormalige President van Suid-Afrika, Mnr Thabo Mbeki, ontmoet om oor ons strewe, die Afrikaner se huidige uitdagings en ons rol in Afrika te praat. Die Orania Beweging volg ‘n benadering van voortdurende skakeling met alle rolspelers. Mnr Boshoff vertrek vandag na Swede om die Afrikaner se posisie in Suid-Afrika daar te gaan verduidelik en om steun te werf vir ons strewe na selfbeskikking.  
Read more
  • 0

Keuse vir die Afrikaner

Vergun my die volgende kommentaar puntsgewys op die artikel Skotland en ‘n Afrikaner “vrystad” deur Flip Buys: Soewereiniteit is nie deelbaar nie. Soewereiniteit in die volkereg beteken staatkundige / politieke onafhanklikheid. Binne erkende landsgrense kan daar net een soewereiniteit wees, gesetel in die verkose sentrale regering. So bv., hoewel die Amerikaanse deelstaat Kalifornië die sewende grootste ekonomie ter wêreld het, is dit nie soewerein nie – dié berus by die Amerikaanse federale regering. Onder sekere omstandighede kan ‘n gedeelte van ‘n land of staat wel afskei, soos bv. Suid-Soedan van Soedan en indien dan aan bepaalde vereistes voldoen word, word ‘n splinternuwe staat gevorm met sy eie soewereiniteit – terwyl die moederstaat sy/haar eie soewereiniteit behou. Die term selfbeskikking is nie altyd duidelik omlyn nie, maar verwys meesal na ‘n volk om seggenskap oor homself te hê – dus eintlik word bedoel verwesenliking van eie soewereiniteit. Daaraan gekopp…
Read more
  • 0

’n Nuwe politieke denkbeeld vir Suid-Afrika

(Hierdie artikel uit die pen van Carel iv Boshoff bied nuwe insigte rondom die aktuele grondkwessie en het in Rapport verskyn op 8 Julie 2018) Hoewel ons nie almal ewe veel daarin belangstel nie, speel ons lewensverhale af teen 'n agtergrond wat na politieke denkbeelde teruggevoer kan word. Ouer swart leiers se ervarings is deur die uitsluiting van Apartheid gestempel en hulle lewensverhale het gevolglik verhale van verset teen die magteloosheid wat dit meegebring het, geword. Jonger swart leiers se ervarings is weer deur verwagtings van insluiting en deelname danksy transformasie gekenmerk, maar die verwagtings word dikwels deur armoede en politieke hekwagters gefrustreer. Hulle lewensverhale is soms dié van toegang tot fantastiese (letterlik feëverhaalagtige) roem en rykdom, maar meer dikwels dié van toeskouers te wees van ander se toegang tot die fantasie terwyl hulle self steeds uitgesluit en magteloos voel. Vandaar ’n voortgesette behoefte aan stryd en verset. Daa…
Read more
  • 0

Orania Meuseum spog met nuwe erfstukke

Nuwe erfstukke word uitgepak in die Verwoerdmuseum. Wyle dr Verwoerd se twee seuns, dr. Christiaan en prof. Wilhelm Verwoerd (die skenker), het dit gebring. Daar is, onder andere, ‘n pragtige skildery van die voormalige Eerste Minister dr HF Verwoerd, deur Jo Roos. Sy kleinseun, Carel, het sommer dadelik ‘n ereplek daarvoor gevind. ‘n Waaiertjie uit die koningshuis van Keiser Wilhelm II van Duitsland het ook nou sy weg na Orania gevind. Dit was waarskynlik aan ‘n diensmeisie geskenk na die keiserin-moeder, Augusta Victoria, se dood en was later 'n geskenk aan mev Verwoerd. Daar is ook 'n pragtige gehekelde bedsprei wat mev Betsie Verwoerd graag in haar huis gebruik het.
Read more
  • 0

Die ontknoping van ‘n komplekse knoop

Die kompleksiteit van die grondkwessie, as die kulminasie van die bykans vier eeue van buurmanskap van verskeie volkere aan die Suidpunt van ons geliefde kontinent Afrika, is vir alle praktiese doeleindes die onontknoopbare knoop. Hierdie knoop was deurlopend, onder veelvuldige benaminge dit wat, deur die geskiedenis van hierdie land die spreekwoordelike ossewa aan die Pretoriaanse paal vasgebind het. Ek is natuurlik deur die legendariese Gordiaanse knoop begelei in my gedagtevlug wat moet uiteenloop op die eenvoudige ontknoping van die knoop, deur alternatiewe denke, hetsy Aleksander se swaard of die paal wat uitgehaal word. Hierdie knoop, met name soos Vryburgers en VOC, Britse besetting van die Kaap, Mfecane, Oos-grens oorloë, kolonialisme, Groot Trek, republieke, Anglo-Boereoorlog, Unie-wording, Apartheid, Struggle, Freedom, Reënboog, Regstellende Aksie, BEE, Selfbeskikking en sedert 27 Februarie Grondonteiening sonder vergoeding, word met elke generasie meer kompleks. …
Read more
  • 0

Volkskool Orania hou feestelik verjaarsdag

Vroeg verlede Saterdagoggend het Volkskool Orania hul sewe-en-twintigste verjaarsdag met ‘n feestelike potjiekoskompetisie afgeskop. Dit was ook die begin van ‘n fondsinsamelingsprojek vir groot uitbreidings aan die bestaande gebou, waarvan die planne reeds by die argitek is. Die leerlingtal het in so ʼn mate toegeneem dat die skool dringend groter ruimte benodig. Die skoolhoof, mev Anje Boshoff, het haar dankbaarheid uitgespreek oor die fenomenale groei van die skool – nie net in getalle nie, maar in diepte en omvang van onderrig en interne groei. In 1992, toe Volkskool begin het, het hulle onder die destydse Kaaplandse Onderwysdepartement geval. Vandag is dit die derde leerplan wat hulle volg, sê Anje. Die skool het 110 afstandonderrigleerders en 130 leerders wat daagliks die skool bywoon. Sy sê dat daar soms moeilike tye was, maar dat die vreugde van sukses dit oor en oor die moeite werd maak. Deur: Orania Beweging Nuusbrief 18 Junie 2018
Read more
  • 0

Uitnodiging na inligtingsaand oor belegging in Gannabos-behuisingsprojek

Orania-ondersteuners in Gauteng word uitgenooi na ’n inligtingsgeleentheid oor die Gannabos-behuisingsprojek op Maandag 18 Junie om 18:00 by die kantoor van Solidariteit in Pretoria. Die doel van die geleentheid is om aan voornemende beleggers te verduidelik hoe jy vir so min as R25 000 as belegger tot Orania se eiendomsmark kan toetree. Die eerste fase van die Gannabos-projek is reeds ’n sukses met alle voltooide wooneenhede wat onmiddellik opgeraap word en ’n lang waglys van potensiële huurders. Beleggers vir die volgende fase word tans gewerf. Persone wat belangstel om die geleentheid by te woon moet voor of op Vrydag 15 Junie 2018 vir Appie Pienaar by appie@solidariteit.co.za laat weet.
Read more
  • 0

‘n Volk en sy grond

Op 19 Junie 2007 het ’n beraad in Orania plaasgevind met die tema: “Die grondvraag: langtermynkeuse vir die Afrikaner.” ’n Sinvolle publikasie onder redakteurskap van Prof. Carel Boshoff het kort na die beraad verskyn met ’n voorwoord en die teks van al sewe toesprake wat op dié dag gelewer is. Prof. Boshoff lei die publikasie in met: “Die grondberaad op 19 Junie 2007 het plaasgevind teen die agtergrond van die grondhervorming, grondeise en swartbemagtiging wat in Suid-Afrika plaasvind. Gepaardgaande daarmee het die plaasmoorde wat ’n skrikbewind geword het, steeds toegeneem.” Op die oogaf lyk hieride inleidende twee sinne soos iets wat gister of vandag oor gebeure vroeg in 2018 geskryf kon word. Die werklikheid is dat wat nou vir ons nuut lyk, omdat ons dit nou as dreigend ervaar, reeds vir jare met ons is. Reeds vir meer as twee dekades is die grondhervorming, grondeise, swartbemagtiging en plaasmaarde  waarvan Prof. Boshoff in 2007 geskryf het, met ons. Tydens die b…
Read more
  • 0

Arbeid adel – die vrug van selfwerksaamheid

“Arbeidsetiek is die DNA van Orania” hoor ek ons Dorpsbestuurder se stem by ‘n vergadering waar ons die praktyk van selfwerksaamheid in Orania bespreek. Ek kyk by die venster uit. Hier op Orania gaan die dae verby – een mooier en meer vol poësie as die ander! Beleë en gekoester lê die omgewing soos ‘n natros en ‘die jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lig wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word’, hoor ek Van Wyk Louw saampraat. Wat ‘n heerlike seisoen! Om fluks en vlytig te wees, is ‘n deug waarvan die voordele dieper as veldiep lê, dieper as wat die oog kan sien. Daarom is dit een van die sewe deugde wat in die Christelike tradisie van geslag tot geslag oorgedra moet word. “Werk behoort liefde te wees wat gestalte gekry het”, skryf J van der Berg in Ook die Klein Dingetjies, “want diegene wat met liefde werk – al is die werk hoe nederig en gering – vind hul loon in die besef van hulle dieper verband met alle wesenlike di…
Read more
  • 0