Nuwe erfstukke word uitgepak in die Verwoerdmuseum. Wyle dr Verwoerd se twee seuns, dr. Christiaan en prof. Wilhelm Verwoerd (die skenker), het dit gebring.

Daar is, onder andere, ‘n pragtige skildery van die voormalige Eerste Minister dr HF Verwoerd, deur Jo Roos. Sy kleinseun, Carel, het sommer dadelik ‘n ereplek daarvoor gevind. ‘n Waaiertjie uit die koningshuis van Keiser Wilhelm II van Duitsland het ook nou sy weg na Orania gevind. Dit was waarskynlik aan ‘n diensmeisie geskenk na die keiserin-moeder, Augusta Victoria, se dood en was later ‘n geskenk aan mev Verwoerd. Daar is ook ‘n pragtige gehekelde bedsprei wat mev Betsie Verwoerd graag in haar huis gebruik het.


Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.