Die afgelope naweek het die Orania Beweging se Burgerraadlede op Orania byeengekom vir ʼn spesiale Burgerraadsitting. Hierdie spesiale vergadering is gereël met die gebeure van 27 Februarie 2018 as vertrekpunt.

Die Orania Beweging beskou die huidige kontroversie rondom grondonteiening sonder vergoeding in ʼn baie ernstige lig en neem ook ons verantwoordelikheid as rolspeler in die debat daarrondom op. Carel Boshoff iv, president van die Orania Beweging het die vergadering geopen met sewe punte rondom die rol van die Orania Beweging binne breër Afrikanerverband. Dit het gestrek van skakeling (plaaslik en internasionaal) tot veiligheid en politieke uitdagings.

Mnr Flip Buys, uitvoerende voorsitter van Solidariteit het insette gelewer oor die Solidariteit Beweging se strategie in die huidige milieu. Jaco Kleynhans het as uitvoerende hoof van Orania Beweging, het op sy beurt weer die huidige internasionale skakel strategie vanuit Orania Beweging se kantore, ook met ons vriende in Europa, verduidelik. Die Burgerraad het ook geleentheid gehad om insette te lewer rondom al die kwessies en die vergadering het baie goed afgeloop.

Verkry van Orania Beweging Nuusbrief 23 April


Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.