Die wêreld bly stil oor oorlog in Yemen

‘n Seun hou ‘n stuk van ‘n kanonkoeël vas, wat in Yemen se hoofstad ontplof het. Foto: Unicef/Mohamed Hamoud

Oor die afgelope 18 maande moes meer as 3 miljoen mense in Yemen in die Midde-Ooste uit hul huise vlug. Volgens die Verenigde Nasies het minstens die helfte van die land se bevolking van 28 miljoen mense nie genoeg kos nie en is hongersnood reeds deel van die lewe in Yemen. Sedert die die burgeroorlog in Yemen uitgebreek het, het duisende mense reeds hul lewens verloor.

Ten spyte van die duidelike katastrofe wat in Yemen afspeel, lyk dit asof die wêreld ignoreer wat daar gebeur. Die oorlog in Sirië en die situasie in Irak en tot ʼn mindere mate Afganistan, domineer die nuus. Waarom word die haglike omstandighede in Yemen geïgnoreer?

Die burgeroorlog in Yemen is ʼn stryd tussen die Soenni-meerderheid en die Houthi-rebelle. Hoewel die burgeroorlog in Yemen in 2015 uitgebreek het, woed die stryd tussen die Soen…

Read more
  • 0