Só ketting ons óns aan monumente, sê Solidariteit en AfriForum

Sunette Bridges. Foto: Phillip Bruwer

“Ons sal die vernietiging van die standbeelde met alles tot ons beskikking teenstaan.” Só sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, na aanleiding van die herrie wat op die sangeres Sunette Bridges se Facebook-blad losgebars het.

Om hierdie standpunt te ondersteun het die Solidariteit Beweging, waarvan AfriForum deel is, vandag ʼn tienpuntplan vir die beskerming van Afrikanerbeelde bekendgestel [lees die volledige plan hier].

Dit volg nadat Bridges verskeie organisasies, waaronder AfriForum, gekritiseer het na aanleiding van Woensdag se byeenkoms by Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein, waar honderde mense bymekaar gekom het in protes teen die vernietiging van Afrikaners se erfenisskatte. By dié geleentheid is Bridges simbolies aan Kruger se standbeeld vasgeketting. Bridges het dié organisasies gekritiseer oor hul besluit om nie by die byeenkoms betrokke te wees nie. Instansies soos Afr…

Read more
  • 0