Orania – dis hoe ons rol!

Argieffoto.

Deur Annelize Jansen van Rensburg

As nie eers die EFF kon fout vind tydens ʼn onlangse besoek nie, moet jy begin oplet, anders gaan jy dalk eersdaags wonder hoekom jy niks weet van hierdie opkomende, moderne gemeenskap nie. Indien jy nog wonder waar Orania is, gaan kyk. Gedink daar word op swart mense geskiet as hulle dit daar sou waag? gaap. Skandes? Jammer, hulle is te besig daarvoor. Kyk weer: ʼn stad word gebore.

Waar, wat, wie en hoekom?

Orania is “ʼn beweging in die rigting van vryheid”, voer Carel Boshoff, president van Orania, jou mee in sy beskrywing van hierdie kultuurgemeenskap, wat blom langs die Oranjerivier, ongeveer 40 km van Hopetown en 165 km van Kimberley, in die Bo-Karoo.

Soos baie groot geeste het Orania nederig begin. Dié aanvanklike konstruksiedorp, vir personeel van die Oranjerivierbesproeiingskema, het ná afhandeling van die projek ʼn spookdorp geword. Drie visionêre manne van die dest…

Read more
  • 0