Kontroversie rondom grondonteiening sonder vergoeding is vir Orania Burgerraardlede ernstige kwessie

Die afgelope naweek het die Orania Beweging se Burgerraadlede op Orania byeengekom vir ʼn spesiale Burgerraadsitting. Hierdie spesiale vergadering is gereël met die gebeure van 27 Februarie 2018 as vertrekpunt. Die Orania Beweging beskou die huidige kontroversie rondom grondonteiening sonder vergoeding in ʼn baie ernstige lig en neem ook ons verantwoordelikheid as rolspeler in die debat daarrondom op. Carel Boshoff iv, president van die Orania Beweging het die vergadering geopen met sewe punte rondom die rol van die Orania Beweging binne breër Afrikanerverband. Dit het gestrek van skakeling (plaaslik en internasionaal) tot veiligheid en politieke uitdagings. Mnr Flip Buys, uitvoerende voorsitter van Solidariteit het insette gelewer oor die Solidariteit Beweging se strategie in die huidige milieu. Jaco Kleynhans het as uitvoerende hoof van Orania Beweging, het op sy beurt weer die huidige internasionale skakel strategie vanuit Orania Beweging se kantore, ook met ons vriende …
Read more
  • 0

Só ketting ons óns aan monumente, sê Solidariteit en AfriForum

Sunette Bridges. Foto: Phillip Bruwer

“Ons sal die vernietiging van die standbeelde met alles tot ons beskikking teenstaan.” Só sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, na aanleiding van die herrie wat op die sangeres Sunette Bridges se Facebook-blad losgebars het.

Om hierdie standpunt te ondersteun het die Solidariteit Beweging, waarvan AfriForum deel is, vandag ʼn tienpuntplan vir die beskerming van Afrikanerbeelde bekendgestel [lees die volledige plan hier].

Dit volg nadat Bridges verskeie organisasies, waaronder AfriForum, gekritiseer het na aanleiding van Woensdag se byeenkoms by Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein, waar honderde mense bymekaar gekom het in protes teen die vernietiging van Afrikaners se erfenisskatte. By dié geleentheid is Bridges simbolies aan Kruger se standbeeld vasgeketting. Bridges het dié organisasies gekritiseer oor hul besluit om nie by die byeenkoms betrokke te wees nie. Instansies soos Afr…

Read more
  • 0