‘Skuif Paul Kruger-standbeeld’ geëis ná petrolbomaanval

Skermskoot uit die video.

Die Orania Beweging sê die jongste voorval Woensdagmiddag op Kerkplein in Pretoria waar ʼn petrolbom na die standbeeld van Paul Kruger geslinger is, is ʼn bewys dat die plein nie ʼn veilige hawe vir die standbeeld bied nie.

Maroela Media het Woensdag berig ʼn petrolbom is na die standbeeld geslinger te midde van ʼn EFF-optog in die middestad om onder meer te eis dat pres. Jacob Zuma uit sy amp verwyder moet word.

Beeldmateriaal is geneem wat wys hoe die heining om die standbeeld geskud word, waarna ʼn petrolbom na die voete van die standbeeld gegooi word. Die vlamme brand ná sowat 30 sekondes self uit. Kyk die video hier.

Brandweerwaens van die Tshwane-nooddienste is nooit na die plein ontbied nie en die Tshwane-metropolisie het nog nie bevestig of daar skade aan die standbeeld aangerig is nie.

“Die standbeeld is reeds omring deur heinings nadat dit by minstens twee vorige geleenthede met verf ges…

Read more
  • 0