Teenkanting ná minister PanSAT ontbind

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur (Argieffoto uit 2014) Foto: GCIS

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur wat Woensdag aangekondig het dat hy die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) ontbind het weens swak prestasie en ʼn gebrek aan leierskap, se besluit word uit talle oorde veroordeel.

Volgens die burgerregte-organisasie AfriForum bewys die ontbinding van die raad die regering se gebrek aan respek vir taalregte.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum en verantwoordelik vir taalkwessies, het Vrydag gesê dat PanSAT reeds ʼn geruime tyd in omstredenheid gehul is. “AfriForum het verskeie klagtes oor growwe taalregteskendings by PanSAT ingedien, sonder om enige reaksie daarop te ontvang. Bewerings oor finansiële wanbestuur en kaderontplooiing, ʼn gebrek aan deursigtigheid en aanspreeklikheid, asook lang tydperke sonder ʼn raad lê al jare lank die instelling lam. Die optrede van die onlangs aangestelde raad (…

Read more
  • 0