Poppie-moord: Ma en stiefpa weer in hof

Kobus en Louisa Koekemoer Dinsdag in die hof. Foto: Verskaf

Kobus (43) en Louisa (45) Koekemoer, wat albei teregstaan vir die moord op die driejarige Poppie van der Merwe, het Dinsdag in die Brits-landdroshof verskyn.

Dit was die tweede keer dat die Koekemoer-egpaar saam in die hof verskyn het nadat hulle verlede jaar afsonderlik in hegtenis geneem is.

Hulle het op 25 Januarie vir die eerste keer saam in die hof verskyn nadat die sake saamgevoeg is. Die saak is toe tot 21 Februarie uitgestel vir nadere ondersoek en die afhandeling van die akte van beskuldiging.

Cobus Ludick, stigter van die ondersteuningsgroep Justice for Poppie wat die hofverrigtinge bygewoon het, het aan Maroela Media gesê die akte van beskuldiging was egter nog nie Dinsdag gereed nie en die saak is tot 28 Maart uitgestel.

Adrian Nel, Louisa se regverteenwoordiger, het aan Maroela Media gesê as die akte van beskuldiging nie teen daardie tyd afgehan…

Read more
  • 0

Linkse onverdraagsaamheid en die opkoms van die nuwe verkramptes

Polisie druk betogers weg van die sypaadjie voor die Nasionale Persklub in Washington Donderdagaand by ‘n dansparty ter viering Donald Trump se inhuldiging as die nuwe Amerikaanse president. Foto: AP/John Minchillo

Die Amerikaanse president, Donald Trump, se inhuldigingstoespraak moes Vrydagaand meeding om mediadekking met ʼn paar betogers wat die polisie uitgetart het terwyl hulle plakkate met anti-Trump-slagspreuke rondswaai.

Die polisiemagte het die situasie professioneel ontlont en Trump se presidensiële konvooi kon deur die strate van Washington DC beweeg. Die volgende dag was daar egter weer protesoptogte waaraan duisende vroue oor die hele Amerika deelgeneem het. Weereens was die rede vir hulle ongelukkigheid Donald Trump.

Sedert sy verkiesing het verskeie bekendes hulle ongelukkigheid oor hierdie verwikkeling uitgespreek. Die sangeres Miley Cyrus het haar emosionele ineenstorting op kamera vasgelê en dit op YouTube ge…

Read more
  • 0

[Luister] Poppie sing laaste liedjie vir haar pa

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Poppie se biologiese pa is net toegelaat om Sondae met sy twee kinders oor die telefoon te praat en “het so na hulle verlang” dat hy soms hul oproepe opgeneem het sodat hy na hul stemme kon luister as hy verlang.

Min het Christo van der Merwe (38) van Westonaria aan die Wes-Rand geweet toe hy op 31 Julie só ʼn oproep maak, dit die laaste keer sou wees wat hy sy driejarige dogtertjie se stem sou opneem terwyl sy vanuit Orania vir hom ʼn liedjie sing.

Sy is drie maande later in ʼn hospitaal in Brits dood en die opname is al wat hy van haar oor het.

In die gesprek sê die twee onder meer hulle is lief vir mekaar en Poppie sing in haar fyn stemmetjie, wat soms onduidelik uitkom, “Hansie Slim”.

Cobus Ludick, van die ondersteuningsgroep Justice for Poppie, wat as Christo se woordvoerder optree, het Dinsdag aan Maroela Media gesê mense het Christo ná Poppie se dood daarvan beskuldig dat hy …

Read more
  • 0

Trane in hof: ‘Ek het nooit aan Poppie geraak nie’

Louisa Koekemoer in die hof. Foto: Mariné Lourens

Louisa Koekemoer, die ma van die driejarige Poppie van der Merwe, het Maandag in die beskuldigdebank van die Brits-landdroshof in trane uitgebars toe die ondersoekbeampte oor Poppie se beserings getuig het.

Louisa (45) is Donderdag in hegtenis geneem in verband met Poppie se moord. Haar man en Poppie se stiefpa, Kobus Koekemoer, staan ook tereg weens die moord op Poppie. Hy het reeds vroeër in die hof verskyn waar hy borgtog geweier is.

Louisa se regsverteenwoordiger, adv. Adrian Nel, het Maandag haar verklaring in die hof voorgelees. Volgens Louisa sal sy skuld ontken op die aanklagte teen haar. Sy beweer in die verklaring dat sy nooit haar hand teen Poppie gelig het nie, maar sê Kobus het Poppie herhaaldelik aangerand. Louisa erken in die verklaring sy het nooit tussenbeide getree om die aanrandings te keer nie omdat sy vir Kobus bang was. “Hy het gedreig om my, my kinders en my m…

Read more
  • 0

Poppie se ma in hof

Louisa Koekemoer. Foto: Facebook

Louisa Koekemoer, Poppie van der Merwe se ma, verskyn Maandag in die Brits-landdroshof in verband met die dood van haar dogter.

Koekemoer is Donderdag omstreeks 15:00 by haar huis in Mamogaleskraal naby Brits in hegtenis geneem. “Halleluja! Prys die Here! God slaap nie,” het Christo van der Merwe, Poppie (3) se pa, gesê nadat hy gehoor het Koekemoer is ook in verband met hul dogter se moord in hegtenis geneem. “Vergifnis is in my woordeskat, maar dit gaan nie vir Poppie terugbring nie,” het Van der Merwe gesê in reaksie op ʼn vraag oor of hy diegene wat verantwoordelik is vir Poppie se dood sal kan vergewe.

Poppie se stiefpa, Kobus Koekemoer (43), is reeds in aanhouding vir dié moord. Poppie is die aand van 25 Oktober na ʼn hospitaal in Brits gehaas, nadat sy vermoedelik aangerand is. Sy is kort ná haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Kobus is kort daarna vir Poppie se moord in hegtenis genee…

Read more
  • 0

‘Prys die Here,’ sê Poppie se pa ná ma se arrestasie

Poppie se pa, Christo.

“Halleluja! Prys die Here! God slaap nie.”

Só het Poppie van der Merwe se pa, Christo van der Merwe, gesê nadat hy gehoor het Louisa Koekemoer, Poppie se ma, is ook in verband met haar moord in hegtenis geneem. “Vergifnis is in my woordeskat, maar dit gaan nie vir Poppie terugbring nie,” het Van der Merwe gesê in reaksie op ʼn vraag oor of hy diegene wat verantwoordelik is vir Poppie se dood sal kan vergewe.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat Louisa Koekemoer omstreeks Donderdag 15:00 by haar huis in Mamogaleskraal naby Brits in hegtenis geneem is. “Sy sal Maandag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van moord,” het Talane gesê.

Poppie se stiefpa, Kobus Koekemoer (43), is reeds in aanhouding vir dié driejarige se moord. Poppie is die aand van 25 Oktober na ʼn hospitaal in Brits gehaas nadat sy vermoedelik aangerand is. Sy is kort ná haar aankoms by…

Read more
  • 0

Ma glo gedreig oor ‘ware oorsaak’ van Poppie se dood

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Louisa Koekemoer, ma van die driejarige Poppie van der Merwe, het aan die polisie vertel sy vrees vir haar lewe nadat haar man, Kobus Koekemoer, haar glo gedreig het hy sal haar doodmaak as sy die “waarheid” oor Poppie se dood vertel.

Kobus Koekemoer (43) het Maandag weer in die Brits-landdroshof verskyn in verband met Poppie se moord. Hy is borgtog geweier.

Die staat beweer Poppie is in Oktober vanjaar dood nadat Koekemoer haar glo erg aangerand het.

Koekemoer het Maandag aan die hof vertel Poppie het gesterf nadat sy ʼn “episode” gekry het waartydens sy ophou asemhaal het. Hy het gesê hy het eers probeer om Poppie wakker te kry, maar uiteindelik besluit om met haar hospitaal toe te jaag omdat sy nie asem gehaal het nie. Volgens Koekemoer het hy saam met Louisa en Louisa se vyfjarige seuntjie na die hospitaal gejaag terwyl Louisa tevergeefs probeer het om Poppie by te bring.

Hy h…

Read more
  • 0

Oostenryk: 100ste sterfdag van Keiser Frans Josef I

Frans Josef I. Foto: Pinterest.com

Op 21 November 1916 het die keiser van Oostenryk-Hongarye (ook bekend as die Habsburg Ryk), Frans Josef I, gesterf. Hy was 86 jaar oud en het 68 jaar lank regeer. Frans Josef I het ʼn hele era verteenwoordig en tye het radikaal verander in sy lang bewind, hoewel hy as konserwatiewe monarg probeer het om die ou orde so lank as moontlik te bewaar. Sy bewind stem ooreen met koningin Victoria van Groot-Brittanje, wat ook die grootste deel van die 19de eeu oor haar ryk regeer het.

Frans Josef I het die uiters diverse veelvolkige staat, Oostenryk-Hongarye, bymekaargehou deur middel van sy aansien en natuurlike outoriteit. Toe hy in 1848 aan bewind gekom het, was dit die tyd van onluste en revolusies en die posisie van die monargie was orals in Europa in die gedrang.

Dit is onderdruk en die glansryke troue met die beeldskone en selfversekerde hertogin van Beiere, Elizabeth, wat as “Sissi” ‘n karakter in …

Read more
  • 0

Youth plant trees to inaugurate new centre in Orania

The first white stinkwood trees for the inauguration of the CVO Orania Technical Centre were planted in Orania on Friday, 28 October 2016.

Members of Orania’s AfriForum Youth branch planted the trees under the guidance of André Coetsee, Chairperson of the AfriForum neighbourhood watch in Orania.

Flip Buys, Chairman of the Solidarity Movement, also planted a tree at the event.

“This is a symbolic action; we plant a tree today because we believe in tomorrow,” concludes Coetsee.

 

The post Youth plant trees to inaugurate new centre in Orania appeared first on AfriForum.

Read more
  • 0

Jonges plant bome om nuwe sentrum in Orania in te huldig

Die eerste witstinkhoutboompies vir die inhuldigingsgeleentheid van die nuutgeboude CVO Orania Tegniese Sentrum is op Vrydag, 28 Oktober 2016, in Orania geplant.

Lede van Orania se AfriForum Jeug-tak het dié boompies onder leiding van André Coetsee, voorsitter van die AfriForum-buurtwag in Orania, geplant. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het ook ’n boom tydens die geleentheid geplant.

“Hierdie is ’n simboliese handeling; ons plant vandag ’n boom omdat ons in môre glo,” sluit Coetsee af.

The post Jonges plant bome om nuwe sentrum in Orania in te huldig appeared first on AfriForum.

Read more
  • 0