Suid-Afrikaanse gemeenskap is tot op breekpunt gepolariseerd – Ons en hulle

Dit is opmerklik dat die Suid-Afrikaanse gemeenskap tot op breekpunt gepolariseerd is, dit is in elk geval hoe die staatsbeheerde media-huise dit vandag aanbied. Ons en hulle. Swart en wit, en vir vele Suid-Afrikaanse burgers is dit ‘n heel verstaanbare en aangrypbare narratief. Die werklikheid is dat die polarisering tussen ons en hulle, op grondvlak, nie so duidelik was nie… let wel, was nie… maar die polarisering is so gedryf deur die media en politici, dat beide ons en hulle gemaklik op die afsonderlike waens klim en trek, agter watter vlag ook al ons voorkeur kry. Ek wil nie hier teen dit probeer betoog nie, maar verklaar slegs die waarneembare werklikheid. Ek glo in elk geval dat lokalisme en identiteitspolitiek groot waarde het. Binne ‘n groter Suid-Afrikaanse konteks is ek bevrees dat die ‘ons en ons’ skip se reënboogseile vaagweg oor die horison vanaf Bloubergstrand nog sigbaar is, op pad na Perth… Ek was dalk ook onbillik om die media al die skuld te probeer ge…
Read more
  • 0

Keuse vir die Afrikaner

Vergun my die volgende kommentaar puntsgewys op die artikel Skotland en ‘n Afrikaner “vrystad” deur Flip Buys: Soewereiniteit is nie deelbaar nie. Soewereiniteit in die volkereg beteken staatkundige / politieke onafhanklikheid. Binne erkende landsgrense kan daar net een soewereiniteit wees, gesetel in die verkose sentrale regering. So bv., hoewel die Amerikaanse deelstaat Kalifornië die sewende grootste ekonomie ter wêreld het, is dit nie soewerein nie – dié berus by die Amerikaanse federale regering. Onder sekere omstandighede kan ‘n gedeelte van ‘n land of staat wel afskei, soos bv. Suid-Soedan van Soedan en indien dan aan bepaalde vereistes voldoen word, word ‘n splinternuwe staat gevorm met sy eie soewereiniteit – terwyl die moederstaat sy/haar eie soewereiniteit behou. Die term selfbeskikking is nie altyd duidelik omlyn nie, maar verwys meesal na ‘n volk om seggenskap oor homself te hê – dus eintlik word bedoel verwesenliking van eie soewereiniteit. Daaraan gekopp…
Read more
  • 0

Die ontknoping van ‘n komplekse knoop

Die kompleksiteit van die grondkwessie, as die kulminasie van die bykans vier eeue van buurmanskap van verskeie volkere aan die Suidpunt van ons geliefde kontinent Afrika, is vir alle praktiese doeleindes die onontknoopbare knoop. Hierdie knoop was deurlopend, onder veelvuldige benaminge dit wat, deur die geskiedenis van hierdie land die spreekwoordelike ossewa aan die Pretoriaanse paal vasgebind het. Ek is natuurlik deur die legendariese Gordiaanse knoop begelei in my gedagtevlug wat moet uiteenloop op die eenvoudige ontknoping van die knoop, deur alternatiewe denke, hetsy Aleksander se swaard of die paal wat uitgehaal word. Hierdie knoop, met name soos Vryburgers en VOC, Britse besetting van die Kaap, Mfecane, Oos-grens oorloë, kolonialisme, Groot Trek, republieke, Anglo-Boereoorlog, Unie-wording, Apartheid, Struggle, Freedom, Reënboog, Regstellende Aksie, BEE, Selfbeskikking en sedert 27 Februarie Grondonteiening sonder vergoeding, word met elke generasie meer kompleks. …
Read more
  • 0

‘n Volk en sy grond

Op 19 Junie 2007 het ’n beraad in Orania plaasgevind met die tema: “Die grondvraag: langtermynkeuse vir die Afrikaner.” ’n Sinvolle publikasie onder redakteurskap van Prof. Carel Boshoff het kort na die beraad verskyn met ’n voorwoord en die teks van al sewe toesprake wat op dié dag gelewer is. Prof. Boshoff lei die publikasie in met: “Die grondberaad op 19 Junie 2007 het plaasgevind teen die agtergrond van die grondhervorming, grondeise en swartbemagtiging wat in Suid-Afrika plaasvind. Gepaardgaande daarmee het die plaasmoorde wat ’n skrikbewind geword het, steeds toegeneem.” Op die oogaf lyk hieride inleidende twee sinne soos iets wat gister of vandag oor gebeure vroeg in 2018 geskryf kon word. Die werklikheid is dat wat nou vir ons nuut lyk, omdat ons dit nou as dreigend ervaar, reeds vir jare met ons is. Reeds vir meer as twee dekades is die grondhervorming, grondeise, swartbemagtiging en plaasmaarde  waarvan Prof. Boshoff in 2007 geskryf het, met ons. Tydens die b…
Read more
  • 0

Arbeid adel – die vrug van selfwerksaamheid

“Arbeidsetiek is die DNA van Orania” hoor ek ons Dorpsbestuurder se stem by ‘n vergadering waar ons die praktyk van selfwerksaamheid in Orania bespreek. Ek kyk by die venster uit. Hier op Orania gaan die dae verby – een mooier en meer vol poësie as die ander! Beleë en gekoester lê die omgewing soos ‘n natros en ‘die jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lig wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word’, hoor ek Van Wyk Louw saampraat. Wat ‘n heerlike seisoen! Om fluks en vlytig te wees, is ‘n deug waarvan die voordele dieper as veldiep lê, dieper as wat die oog kan sien. Daarom is dit een van die sewe deugde wat in die Christelike tradisie van geslag tot geslag oorgedra moet word. “Werk behoort liefde te wees wat gestalte gekry het”, skryf J van der Berg in Ook die Klein Dingetjies, “want diegene wat met liefde werk – al is die werk hoe nederig en gering – vind hul loon in die besef van hulle dieper verband met alle wesenlike di…
Read more
  • 0

Orania Beweging vier sy 30ste bestaan jaar – 4 redes vir sukses

ʼn Werkbare plan vir die tyd na magsverlies Toe die Orania Beweging onder die naam Afrikaner-Vryheidstigting op 21 Maart 1988 deur prof. Carel Boshoff en ʼn klein groep medestryders in sy huis in Pretoria gestig is, is dit deur destydse waarnemers waarskynlik gesien as “net nog ʼn regse organisasie” in ʼn tyd waar die Broedertwis tussen die sogenaamde verligtes en verkramptes op sy hoogtepunt was. Dit was die tyd van die opgang van die KP en AWB op politieke terrein, die APK en BCVO op godsdiens- en onderwysgebied en Afrikaner-Volkswag en ander op die kultuurterrein. Die doel van die organisasies was om die noodlottige pad van die NP-regering na swart magsoorname te stuit. Alhoewel die Afrikaner-Vryheidstigting deel van die “regse kraal” was, was die organisasie fundamenteel anders. Feitlik alle organisasies was gerig daarop om ʼn scenario van swart magsoorname, oftewel ʼn hervormingsproses wat daarop sou uitloop, te keer. Dat so ʼn scenario denkbaar was, is daarby nie in be…
Read more
  • 0

Geleentheidsrede by die herdenkingsdinee van die Orania Beweging op sy dertigste verjaarsdag 21 Maart 2018

Vriende en kamerade – mede-Oraniërs, mede-Afrikaners en medestryders vir die vryheid van ons volk Dit is ’n besondere geleentheid om by wyse van hierdie samekoms die gebeure van 30 jaar gelede, toe die Afrikaner-Vryheidstigting in die lewe geroep is, te herdenk. Terwyl dit 30 jaar gelede netso onmoontlik was om vooruit te sien presies waar ons vandag sou wees as wat dit vandag is om presies te weet waar ons oor nog 30 jaar sal wees, is dit vanaand wel moontlik om ons gedagtes oor die afgelope drie dekades te laat gaan en die onbekende uitdagings wat voorlê aan die hand daarvan tegemoet te gaan. As die verlede ’n aanduiding is van wat in die toekoms verwag kan word – en daar is goeie rede om van dié veronderstelling uit te gaan – dan is die een eienskap waaroor ons moet beskik, avontuurlus (waarby inbegrepe verbeelding, want sonder ’n sterk verbeelding maak avontuurlus eintlik nie sin nie. Sedert daardie herfsaand in Pretoria 30 jaar gelede toe ’n klein groep Afrikanerd…
Read more
  • 0

Onteiening van grond sonder vergoeding – Wat hou dit in vir die Afrikaner en Orania?

Hierdie artikel het in die Maart-uitgawe van “Voorgrond” verskyn. Weens die groot belangstelling in die onderwerp word dit ook op die blog geplaas. Na die onlangse mosie in die parlement oor onteiening sonder vergoeding is die kat behoorlik in die duiwehok. Uit die aard van die saak is die Orania Beweging bekommerd oor die implikasie van die grondwetsverandering oor so ‘n kardinale mensereg soos die reg op eiendom. Dit is een van die pilare van die Westerse samelewing en ook van enige geordende regstaat. Met ‘n heel ander uitgangspunt, naamlik die Afrika-denke van kollektiewe grondbesit wat deur die leier (in hierdie geval die staat) in trust gehou word en dan volgens behoefte toegeken word, net om weer weggeneem te kan word en wat nooit aan jou behoort nie, is dit seker nie vreemd nie dat ANC, EFF en ander swart-nasionalistiese partye so ‘n mosie steun. Ons weet nog nie presies wat die verandering van artikel 25 van die Suid-Afrikaanse Grondwet, wat onteiening sonder ver…
Read more
  • 0

Die week is dit weer die ou vlag wat geteiken word. Wat dink Orania daarvan?

Elke week word iets nuuts geteiken wat vir die Afrikaner kosbaar is. Taal, volkslied, monumente, onderwys, godsdiens, natuurlik nou veral grond, noem maar op. Dit is soos ʼn permanente aanslag met pyle uit alle rigtings. Tans is dit weer die ou vlag wat geteiken word. Soos gewoonlik skep die regering die klimaat deur uitsprake dat die ou vlag onwettig verklaar moet word, en daarna tree “nuttige idiote”, ook uit Afrikanergeledere, op grondvlak op en vat die saak verder. Een voorbeeld is ʼn beroepstudent in Stellenbosch, wat homself ʼn aktivis noem (ʼn mooi beskrywing vir iemand wat nog nooit ʼn ordentlike werk gedoen het nie) en “debat” wil ontketen deur mense aan te moedig om oor die ou vlag, met name daarop geskryf van Afrikaners wat volgens die “aktivis” met die ou Suid-Afrika verbind word, te loop as teken van afkeur. Die aksie is bedoel as provokasie, nes die verf en brand van standbeelde, en bring natuurlik dadelik die vraag na vore hoe ons oor die ou vlag of Republiekvl…
Read more
  • 0

Orania – ‘n oordenking

My oë gly oor die slapende dorp. Tussen my teue koffie, hier op die heuweltjie, bedink ek Orania. Ek merk twee mense wat vroegmôre teen die monumentkoppie opstap, waar ‘n paar van ons voorvaders se borsbeelde pryk. Die Klein Reus wapper fier op die vlag, daarnaas, in die ligte bries. ‘n Paar honderd meter verder kronkel ‘n digte misstreep al met die rivierloop langs tot dit wegraak agter die koppies. Netnou, as die oggendmis wegtrek sal dit moeilik wees om die loop van die rivier tussen die landskap se bome en heuweltjies met die oog te volg. Dan sal dit my weer herinner aan Dante, wat nie sy pad na die Bron kon vind nie en aan Vergilius, sy leermeester, wat tot sy hulp gekom het en hom uitgelei het. Vergilius het die lope van riviere tot by die Bron geken. Vir Dante was dit ‘n lang pad waar hy gekonfronteer was met homself – sy ondeugde en dwalinge. Hy moes baie stryde voer – fisies en geestelik uitmergelend – om donker kant van hom te oorkom sodat hy uiteindelik die Lig…
Read more
  • 0