Frankryk en Duitsland: Beslissings vir Fillon, Merkel

Marine le Pen van Frankryk se Front National. Foto: Facebook.

Frankryk hou volgende jaar, op 23 April, sy presidentsverkiesing. Die president word deur die bevolking gekies en daar is twee rondtes: die eerste rondte waar ʼn groot verskeidenheid van groot en klein partye se kandidate staan en die uitkloprondte, waar die wenner en naaswenner teen mekaar te staan kom.

Die Franse stelsel het ʼn paar ooreenkomste met die Amerikaanse stelsel, soos om deur middel van voorverkiesings deur partylede, ʼn kandidaat vir ʼn party aan te wys. Die president het uitvoerende gesag en wys die eerste minister aan, wat aan hom ondergeskik is.

Die gematigde konserwatiewe party, Die Republikeine (voorheen UMP, Unie vir ʼn Volksbeweging) het verlede Sondag sy voorverkiesing gehou tussen 7 kandidate, maar net 3 veteraanpolitici is as ernstige aanspraakmakers beskou: Nicholas Sarkozy, president van 2007-2012, Alain Juppe, eerste minister van 1995 tot 1997 en v…

Read more
  • 0