Hoekom kan Orania nie vir almal wees nie?

Orania is sinoniem met uitsluiting en diskriminasie, so hoor ons dikwels, veral in die media, omdat ons onomwonde sê ons is ʼn Afrikanergemeenskap met ʼn Christelike grondslag wat volkseie arbeid gebruik en strewe na selfbeskikking, en dus sluit ons nie almal by ons gemeenskap in nie. “Kan ek as iemand wat ʼn probleem met bogenoemde het of nie een daarvan is nie Orania toe kom?” word dikwels gevra. Jy kan soos almal aansoek doen, maar hoekom wil jy deel van ʼn gemeenskap wees waar jy nie inpas nie en as die grondbeginsels jou pla? Dit wat almal eerste aantrek, naamlik veiligheid, het nie so seer te doen met goeie veiligheidsdienste (dit wel ook) of hoë heinings nie (wat ons nie het nie), maar met die homogene aard van ons gemeenskap, waar mense mekaar ken en mekaar vertrou en waar nuwe intrekkers eers verblyfreg moet kry, en les bes, met volkseie arbeid. Veiligheid is ook nie die primêre rede vir Orania se bestaan nie, maar die bewaring en uitbou van ʼn volk in bedreiging. Ca…
Read more
  • 0

Die altyd wederkerende vraag oor arm en ryk

Orania is nou al van sy begintyd af gewoond aan ewig dieselfde en wederkerende beskuldigings. Heel eerste is gesê dat ons nie water het nie omdat ons in die Karoo geleë is (al is ons teen die Oranjerivier geleë) en daarom nie kan boer nie. Nadat die groot landbouskema met pyplynstelsel en honderde hektaar waterregte aan die gang gekom het, het dié absurde beskuldiging verstom. Volgende, en iets wat nog steeds so nou en dan sy verskyning maak, was die “verregse/rassiste” beskuldiging of vooroordeel. Iewers moes selfs die laaste ou besef, na besoeke van presidente Mandela en Zuma, Julius Malema, talle premiers en swart joernaliste, amptenare en besoekers en die ontspanne verhouding met bruin- en swart mense in die omgewing, dat ons nie sulke groot rassiste kan wees nie en so het dié cliché verdwyn. Net buitelandse joernaliste, wat in elk geval min van Suid-Afrika verstaan, hou nog daaraan vas. Die volgende een (dikwels gelyklopend met die vorige een) was die een van agterli…
Read more
  • 0

Orania en die K-woord

En dit, dames en here, is hoe mens die publiek om die bos van onkunde lei sodat hulle jou skryfstuk lees. Die K-woord waarna ek verwys, is natuurlik Katalonië. Ek glo vas dat dit baie belangrik is om uit die foute en suksesse van die verlede te leer. Op die oomblik word daar stilletjies geskiedenis in Spanje gemaak. Gepraat van geskiedenis, kom ons kyk baie vlugtig na Katalonië s’n: Katalonië het in die 15de eeu deel van Spanje geword toe Koning Ferdinand van Aragon en Koningin Isabella van Kastilië getrou het en hulle onderskeie koninkryke saamgesmelt het. Katalonië het egter steeds baie van hulle individuele kultuur en gebruike behou. Na die Spaanse Oorlog van Opvolging van 1702 tot 1714 het Katalonië, onder Felipe V, gesukkel om hulle kultuur en taal uit te leef as gevolg van onderdrukking. In 1931, toe Spanje ’n republiek geword het, was daar ’n kortstondige opflikkering in Katalonië se onafhanklike identiteit, maar kort daarna het die Spaanse Burgeroorlog uitgebreek en …
Read more
  • 0

Feite oor die e-Ora

Soos seker meeste ondersteuners intussen weet is Orania besig met ʼn projek om ʼn elektroniese Ora in te stel. Dit maak ons en ons vriende opgewonde, maar het ook al velle, oningeligte kritiek tot gevolg gehad. Voor daar verkeerde persepsies ontstaan moet ons dalk net eers weer verduidelik waaroor dit gaan en waaroor dit nie gaan nie. Ten eerste: Orania gaan nie ʼn kripto-geldeenheid soos Bitcoin skep nie. Ons moet besef dat Orania ʼn gewortelde, inherent konserwatiewe gemeenskap is en dat iets soos “fantasiegeld” sekere alternatiewe ekonome opgewonde maak, maar deur die meerderheid mense met skeptisisme bejeën sal word. Bitcoin is ʼn virtuele geldeenheid van ʼn virtuele gemeenskap internet-begeesterdes, maar sal nie vir die spreekwoordelike tant Sannie en oom Koos werk nie. Bitcoin het ook sy oorspronklike doel verloor, naamlik om ʼn kripto-geldeenheid te wees. Intussen is dit ʼn spekulasieobjek. Dit gesê, het Orania wel die progressiewe stap geneem om in 2004 ʼn plaaslike gel…
Read more
  • 0

Orania se ora word gedigitaliseer

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Groep. Foto: Forum Nuus

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Groep, het Donderdag meer lig gewerp op ’n “eksperiment” waarby hy betrokke is met die digitalisering van die ora, die geldeenheid van Orania.

Roodt is besig met navorsing om te bepaal wat die impak van die digitalisering gaan wees. Een van die vrae wat onder meer beantwoord moet word, is of meer mense in die toekoms die ora sal gebruik. Die ora is ’n voorbeeld van private geld wat op ’n koopbewysbeginsel werk.

Roodt het verduidelik dat die digitalisering van die ora, of enige ander geldeenheid, daarop neerkom dat jy self of elektronies geld aan die bank gee wat in ruil daarvoor geld op ’n app op jou foon plaas. Kortliks beteken dit dat jou selfoon jou beursie word. Daar is geen verskil tussen dié geld en fisieke ora’s nie. Wat wel verskil, is hoe mense dit gebruik. Wanneer met ora’s betaal word, is twee of meer mense self…

Read more
  • 0

Orania: e-ora begin ‘om geld uit politici se hande te kry’

Afrika het Donderdag sy eerste digitale geldeenheid gekry toe die Orania-beweging sy e-ora in Pretoria bekend gestel het. Die ora word al van 2004 in Orania, die “onafhanklike” Afrikanergemeenskap in die Noord-Kaap anderkant Kimberley, as geldeenheid gebruik. Dawie Roodt, hoofekonoom van die The Efficient Group, het die bekendstelling in die Buffelsfontein-beesboerdery – ’n restaurant in Pretoria – gedoen. Hy het sommer dadelik aangekondig daar kan nou ook met die e-ora by die The Efficient Group belê word en die restaurant het gesê hy aanvaar ook die e-ora as betaalmiddel. Roodt sê hy is baie opgewonde oor die “eksperiment” van die e-ora. Hy sien die moontlikheid dat die ora op sy eie kan ontwikkel, maar in hierdie stadium sal die ora ten volle ondersteun word deur die rand. “Jou selfoon met die nodig app word jou beursie en jy kan sonder note koop en betaal,” sê Roodt. Hy is volgens hom by ander soortgelyke inisiatiewe betrokke. Die voordeel van Orania is di…
Read more
  • 0

Die republiek, republikanisme en die Afrikaner. Deel 2: Die Afrikaner se strewe

Die Afrikaner het vir die grootste deel van sy geskiedenis stroomop geswem. Daar word deur ons vyande beweer dat ons agter die tyd is en in die verkeerde eeu leef. Die trekboere en Voortrekkers is as argaïes beskou met hulle landelike veeherder- en rondtrekleefwyse in ʼn tyd waar Europa sterk geïndustrialiseer en verstedelik het. ʼn Mens kan egter anders daarna kyk, naamlik dat die Voortrekkers oftewel Afrikaners al vryheidsgesind was in ʼn tyd waar Europeërs tevrede was om onder absolute heersers te staan. Die Afrikaners was eintlik veel nader aan die vryheidsgesinde Amerikaners as aan die Europeërs in die verband. Die stryd vir vryheid loop soos ʼn goue draad deur die Afrikaner se geskiedenis en dit is iets om op trots te wees. Reeds in die tyd van die VOC – bewind het die Vryburgers onder leiding van Adam Tas teen beperking op hulle ekonomiese vryheid en teen onregverdige monopolieë deur die kompanie beswaar gemaak. Alhoewel dit nog geen republikeinse beweging was nie, was di…
Read more
  • 0

Die republiek, republikanisme en die Afrikaner. Deel 1. Die historiese konteks. Van die Romeinse res publica tot vandag

Die term republiek en republikanisme het nog steeds ‘n sterk klank en appèl in Afrikanerkringe. Ook die Orania Beweging streef na ‘n Afrikanerrepubliek as uiteindelike doel. Wat beteken ‘n republiek en republikanisme? Volgens die huidige begrip beteken die staatsvorm van ‘n republiek dat ‘n (verkieslik verkose) president aan die spits van die staat staan en nie ‘n erflike monarg nie. Verreweg die meeste state vandag, ook Suid-Afrika, is republieke en state wat ‘n koning as staatshoof het, is die uitsondering. Daar is ook allerhande variasies van republieke, soos ‘n sosialistiese republiek of volksrepubliek, ‘n demokratiese republiek, of ‘n Islamitiese republiek. Die Romeinse Republiek Laat ons by die begin begin. Republiek is afgelei van res publica uit Latyn, wat beteken “die openbare aangeleentheid of saak”. Nog voor die Romeine het die ou Grieke ook reeds ‘n stelsel van stadstate gehad wat talle ooreenstemmings met die Romeinse Republiek gehad het, maar die naam republ…
Read more
  • 0

Die kolonisasie van die Franse platteland en die relevansie vir Suid-Afrika

Ek het onlangs op die Franse filosoof Michel Onfray en sy opstel “Decolonise les provinces” (Dekoloniseer die platteland) afgekom. Sy opstel is in April vanjaar gepubliseer, veral met die oog op die presidentsverkiesing, maar is nog net so geldig. Onfray is ‘n Normandiër en trots daarop, iets wat hom onderskei van talle filosowe wat in Parys woon, globaliste in hulle leefwyse is en met die sentrum vereenselwig. Hy kritiseer in sy boek dat Frankryk nog altyd ‘n sentralistiese benadering tot alles gehad het. Die mag en die elite is in die hoofstad Parys gesetel en kyk neer op die platteland. Die staat is alles: hy maak die wette, hy is gesetel in die hoofstad, hy delegeer bevoegdhede en die belastinggeld. Dit was nog deurentyd so in die Franse geskiedenis. Frankryk was vir ‘n groot deel van sy bestaan, by name tydens die absolutisme onder die Franse konings van die 16de tot 18de eeu, sterk sentraal beheer. Alle mag was in die koning gesetel, wie se sentrale beheer deur middel …
Read more
  • 0

Hoe kan meer Afrikaners gereed word vir die Orania-idee?

Die gesegde lui dat niks so onkeerbaar is as ‘n idee waarvoor die tyd ryp is nie. Hiermee is die idee se aanvaarbaarheid afhanklik van die tydsgleuf waarin dit ontvang word, terwyl die tyd self onkeerbaar voortstoom. Laasgenoemde skep die vermoede dat indien die idee nie soos ‘n veldbrand versprei nie, die tyd nie daarvoor ryp is nie en dat daar moontlik min salf aan te smeer is. Volgens baie Afrikaners se kommentare op sosiale media gaan dit “nog te goed” met Afrikaners om die Orania-ideaal op groot skaal te ondersteun, wat gesien word as “teken dat die tyd nie ryp is nie.” Die Amerikaanse mediese dokter en navorser, dr. Atul Gawande, het die verskynsel dat sekere idees vinniger aangeneem word as ander vanuit ‘n mediese hoek toegelig in ‘n artikel in die New Yorker. Hy verduidelik hoe uiteenlopend daar gereageer is op twee van die mees belangrike deurbrake in die mediese wêreld gedurende die negetiende eeu. Eerstens was daar die ontdekking van narkose wat soos ‘n veldbra…
Read more
  • 1