Orania Beweging reageer op bewerings van finansiële wanbestuur in die media

Die Orania Beweging en dié organisasie se president, Carel Boshoff, word by onlangse sensasionele mediaberigte genoem, ons reageer graag op hierdie bewerings. Klagtes teen die president is onmiddellik hanteer Dit is inderdaad die geval dat ʼn voormalige werknemer klagtes gelê het, soos wat deur Netwerk24 berig word. Die Orania Beweging het egter dadelik op hierdie klagtes reageer deur ʼn onafhanklike ondersoekpaneel aan te stel om dit te ondersoek. Die paneel het onder andere ʼn professionele forensiese ouditeur ingesluit, wat elke bewering met groot deeglikheid kon deurvolg. Die Uitvoerende Raad het juis die proses met soveel deeglikheid hanteer om seker te maak dat die klagtes op die regte wyse hanteer word. Niemand is skuldig aan korrupsie nie Die ondersoekspan het na ʼn deeglike ondersoek bevind dat nie die President van die Orania Beweging of enige ander personeellid hulle aan korrupsie skuldig gemaak het nie. Daar is wel bevind dat die bestuurstelsels leemtes laat en …
Read more
  • 0