Keuse vir die Afrikaner

Vergun my die volgende kommentaar puntsgewys op die artikel Skotland en ‘n Afrikaner “vrystad” deur Flip Buys: Soewereiniteit is nie deelbaar nie. Soewereiniteit in die volkereg beteken staatkundige / politieke onafhanklikheid. Binne erkende landsgrense kan daar net een soewereiniteit wees, gesetel in die verkose sentrale regering. So bv., hoewel die Amerikaanse deelstaat Kalifornië die sewende grootste ekonomie ter wêreld het, is dit nie soewerein nie – dié berus by die Amerikaanse federale regering. Onder sekere omstandighede kan ‘n gedeelte van ‘n land of staat wel afskei, soos bv. Suid-Soedan van Soedan en indien dan aan bepaalde vereistes voldoen word, word ‘n splinternuwe staat gevorm met sy eie soewereiniteit – terwyl die moederstaat sy/haar eie soewereiniteit behou. Die term selfbeskikking is nie altyd duidelik omlyn nie, maar verwys meesal na ‘n volk om seggenskap oor homself te hê – dus eintlik word bedoel verwesenliking van eie soewereiniteit. Daaraan gekopp…
Read more
  • 0

’n Nuwe politieke denkbeeld vir Suid-Afrika

(Hierdie artikel uit die pen van Carel iv Boshoff bied nuwe insigte rondom die aktuele grondkwessie en het in Rapport verskyn op 8 Julie 2018) Hoewel ons nie almal ewe veel daarin belangstel nie, speel ons lewensverhale af teen 'n agtergrond wat na politieke denkbeelde teruggevoer kan word. Ouer swart leiers se ervarings is deur die uitsluiting van Apartheid gestempel en hulle lewensverhale het gevolglik verhale van verset teen die magteloosheid wat dit meegebring het, geword. Jonger swart leiers se ervarings is weer deur verwagtings van insluiting en deelname danksy transformasie gekenmerk, maar die verwagtings word dikwels deur armoede en politieke hekwagters gefrustreer. Hulle lewensverhale is soms dié van toegang tot fantastiese (letterlik feëverhaalagtige) roem en rykdom, maar meer dikwels dié van toeskouers te wees van ander se toegang tot die fantasie terwyl hulle self steeds uitgesluit en magteloos voel. Vandaar ’n voortgesette behoefte aan stryd en verset. Daa…
Read more
  • 0

Orania Meuseum spog met nuwe erfstukke

Nuwe erfstukke word uitgepak in die Verwoerdmuseum. Wyle dr Verwoerd se twee seuns, dr. Christiaan en prof. Wilhelm Verwoerd (die skenker), het dit gebring. Daar is, onder andere, ‘n pragtige skildery van die voormalige Eerste Minister dr HF Verwoerd, deur Jo Roos. Sy kleinseun, Carel, het sommer dadelik ‘n ereplek daarvoor gevind. ‘n Waaiertjie uit die koningshuis van Keiser Wilhelm II van Duitsland het ook nou sy weg na Orania gevind. Dit was waarskynlik aan ‘n diensmeisie geskenk na die keiserin-moeder, Augusta Victoria, se dood en was later 'n geskenk aan mev Verwoerd. Daar is ook 'n pragtige gehekelde bedsprei wat mev Betsie Verwoerd graag in haar huis gebruik het.
Read more
  • 0

Getuienis van Eldien, ‘n jong meisie wat woonagtig is in Orania

Ek bly in Orania - Orania is ‘n plek waar vir vele jongmense die kans gegun word om 'n bestaan vir hulswelf te kan maak. Hier kan hulle klein begin en groot droom. Orania bied aan hierdie jongmense 'n veilige omgewing, waar daar met durf en selfwerksaamheid entrepreneurs gekweek word. “Die lekkerste ding van Orania is vir my hoe veilig dit hier is... en dat ek met ‘n oop venster kan slaap,” So begin Eldien Kirsten te vertel van haar ervaring op Orania. Sy verduidelik verder dat om elke dag vryheid te mag beleef vir haar dié plek so besonders maak. Eldien bly vir byna 20 jaar in Orania en is nog sielsgelukkig hier in die hartjie van die Noordkaap. Sy werk saam haar ma Uysie Kirsten by die Kontreiwinkel, wat nie te lank terug na ‘n splinternuwe perseel geskuif het nie. Eldien sien baie uit na dit wat die toekoms vir haar ma se besigheid, hier in Orania, mag inhou. Sy hoop ook om eendag te gaan studeer of verder te gaan met haar ballet. Eldien is 'n meisie wat baie ska…
Read more
  • 0