Die ontknoping van ‘n komplekse knoop

Die kompleksiteit van die grondkwessie, as die kulminasie van die bykans vier eeue van buurmanskap van verskeie volkere aan die Suidpunt van ons geliefde kontinent Afrika, is vir alle praktiese doeleindes die onontknoopbare knoop. Hierdie knoop was deurlopend, onder veelvuldige benaminge dit wat, deur die geskiedenis van hierdie land die spreekwoordelike ossewa aan die Pretoriaanse paal vasgebind het. Ek is natuurlik deur die legendariese Gordiaanse knoop begelei in my gedagtevlug wat moet uiteenloop op die eenvoudige ontknoping van die knoop, deur alternatiewe denke, hetsy Aleksander se swaard of die paal wat uitgehaal word. Hierdie knoop, met name soos Vryburgers en VOC, Britse besetting van die Kaap, Mfecane, Oos-grens oorloë, kolonialisme, Groot Trek, republieke, Anglo-Boereoorlog, Unie-wording, Apartheid, Struggle, Freedom, Reënboog, Regstellende Aksie, BEE, Selfbeskikking en sedert 27 Februarie Grondonteiening sonder vergoeding, word met elke generasie meer kompleks. …
Read more
  • 0

Volkskool Orania hou feestelik verjaarsdag

Vroeg verlede Saterdagoggend het Volkskool Orania hul sewe-en-twintigste verjaarsdag met ‘n feestelike potjiekoskompetisie afgeskop. Dit was ook die begin van ‘n fondsinsamelingsprojek vir groot uitbreidings aan die bestaande gebou, waarvan die planne reeds by die argitek is. Die leerlingtal het in so ʼn mate toegeneem dat die skool dringend groter ruimte benodig. Die skoolhoof, mev Anje Boshoff, het haar dankbaarheid uitgespreek oor die fenomenale groei van die skool – nie net in getalle nie, maar in diepte en omvang van onderrig en interne groei. In 1992, toe Volkskool begin het, het hulle onder die destydse Kaaplandse Onderwysdepartement geval. Vandag is dit die derde leerplan wat hulle volg, sê Anje. Die skool het 110 afstandonderrigleerders en 130 leerders wat daagliks die skool bywoon. Sy sê dat daar soms moeilike tye was, maar dat die vreugde van sukses dit oor en oor die moeite werd maak. Deur: Orania Beweging Nuusbrief 18 Junie 2018
Read more
  • 0

Uitnodiging na inligtingsaand oor belegging in Gannabos-behuisingsprojek

Orania-ondersteuners in Gauteng word uitgenooi na ’n inligtingsgeleentheid oor die Gannabos-behuisingsprojek op Maandag 18 Junie om 18:00 by die kantoor van Solidariteit in Pretoria. Die doel van die geleentheid is om aan voornemende beleggers te verduidelik hoe jy vir so min as R25 000 as belegger tot Orania se eiendomsmark kan toetree. Die eerste fase van die Gannabos-projek is reeds ’n sukses met alle voltooide wooneenhede wat onmiddellik opgeraap word en ’n lang waglys van potensiële huurders. Beleggers vir die volgende fase word tans gewerf. Persone wat belangstel om die geleentheid by te woon moet voor of op Vrydag 15 Junie 2018 vir Appie Pienaar by appie@solidariteit.co.za laat weet.
Read more
  • 0

‘n Volk en sy grond

Op 19 Junie 2007 het ’n beraad in Orania plaasgevind met die tema: “Die grondvraag: langtermynkeuse vir die Afrikaner.” ’n Sinvolle publikasie onder redakteurskap van Prof. Carel Boshoff het kort na die beraad verskyn met ’n voorwoord en die teks van al sewe toesprake wat op dié dag gelewer is. Prof. Boshoff lei die publikasie in met: “Die grondberaad op 19 Junie 2007 het plaasgevind teen die agtergrond van die grondhervorming, grondeise en swartbemagtiging wat in Suid-Afrika plaasvind. Gepaardgaande daarmee het die plaasmoorde wat ’n skrikbewind geword het, steeds toegeneem.” Op die oogaf lyk hieride inleidende twee sinne soos iets wat gister of vandag oor gebeure vroeg in 2018 geskryf kon word. Die werklikheid is dat wat nou vir ons nuut lyk, omdat ons dit nou as dreigend ervaar, reeds vir jare met ons is. Reeds vir meer as twee dekades is die grondhervorming, grondeise, swartbemagtiging en plaasmaarde  waarvan Prof. Boshoff in 2007 geskryf het, met ons. Tydens die b…
Read more
  • 0