Arbeid adel – die vrug van selfwerksaamheid

“Arbeidsetiek is die DNA van Orania” hoor ek ons Dorpsbestuurder se stem by ‘n vergadering waar ons die praktyk van selfwerksaamheid in Orania bespreek. Ek kyk by die venster uit. Hier op Orania gaan die dae verby – een mooier en meer vol poësie as die ander! Beleë en gekoester lê die omgewing soos ‘n natros en ‘die jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lig wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word’, hoor ek Van Wyk Louw saampraat. Wat ‘n heerlike seisoen! Om fluks en vlytig te wees, is ‘n deug waarvan die voordele dieper as veldiep lê, dieper as wat die oog kan sien. Daarom is dit een van die sewe deugde wat in die Christelike tradisie van geslag tot geslag oorgedra moet word. “Werk behoort liefde te wees wat gestalte gekry het”, skryf J van der Berg in Ook die Klein Dingetjies, “want diegene wat met liefde werk – al is die werk hoe nederig en gering – vind hul loon in die besef van hulle dieper verband met alle wesenlike di…
Read more
  • 0

Sweedse filmspan besoek Orania

'n Sweedse filmspan, onder leiding van Jonas Nilsson is tans in Orania met 'n opvolgverfilming van sy #Boerproject. Hier gesels hy met die leerlinge van Volkskool Orania oor Swede se belangstelling in die huidige stand van sake in Suid-Afrika. Hy het, onder andere, onderhoude met Carel Boshoff, Dirk Hermann en Steve Hofmeyr verfilm. Volg gerus sy Youtube kanaal by Palaestra Media indien julle dit wil sien. https://www.youtube.com/watch?v=mix0RGvf1aY&feature=youtu.be   Deur: Jislaaik - Nuusbrief van Orania
Read more
  • 0

Dr Verwoerd se stanbeeld kry ereplek op Orania

Die standbeeld van dr Verwoerd wat in die HF Verwoerd-gebou in die Parlement in Kaapstad gestaan het, het onlangs 'n ereplek op Orania gekry, naamlik in die Orania Beweging se oopplan-kantoorruimte. Die beeld weeg meer as ‘n ton en is met ‘n vurkhyser op sy plek staangemaak. Die oopplan-kantoorruimte word die Oorlogskamer genoem en is ‘n konsep wat as ‘n projekbestuurmeganisme ontstaan het, waar ‘n span in een oop vertrek saamwerk aan ‘n oorhoofse groot projek – in hierdie geval om Afrikanerselfbeskikking in die Noordwes-Kaap te verwesenlik.
Read more
  • 0