Orania – ‘n oordenking

My oë gly oor die slapende dorp. Tussen my teue koffie, hier op die heuweltjie, bedink ek Orania. Ek merk twee mense wat vroegmôre teen die monumentkoppie opstap, waar ‘n paar van ons voorvaders se borsbeelde pryk. Die Klein Reus wapper fier op die vlag, daarnaas, in die ligte bries. ‘n Paar honderd meter verder kronkel ‘n digte misstreep al met die rivierloop langs tot dit wegraak agter die koppies. Netnou, as die oggendmis wegtrek sal dit moeilik wees om die loop van die rivier tussen die landskap se bome en heuweltjies met die oog te volg. Dan sal dit my weer herinner aan Dante, wat nie sy pad na die Bron kon vind nie en aan Vergilius, sy leermeester, wat tot sy hulp gekom het en hom uitgelei het. Vergilius het die lope van riviere tot by die Bron geken. Vir Dante was dit ‘n lang pad waar hy gekonfronteer was met homself – sy ondeugde en dwalinge. Hy moes baie stryde voer – fisies en geestelik uitmergelend – om donker kant van hom te oorkom sodat hy uiteindelik die Lig…
Read more
  • 0

Wat as die ergste gebeur?

Dit is nie toevallig dat my eerste plasing op Orania blog jare gelede juis die vraag van al die negatiewe scenario’s vir Orania wat nooit gebeur het nie, behandel het. Dit wys hoe sterk vrees vir die ergste onder ons mense teenwoordig is, iets wat seker verstaanbaar is in ʼn opset soos Suid-Afrika, met sy rassehaat, misdaad en ongelykheid. Gerugte oor massa-aanvalle verskyn gereeld en maak van ons mense bang. Iemand wat bang is, is ʼn maklike teiken. Daar is ʼn verskil om wakker te wees, risiko’s te erken en daarop te reageer aan die een kant, en om vol vrees en negatiwiteit deur die lewe te gaan en net altyd die ergste te verwag, aan die ander kant. Ons hoef ook nie altyd verlam te wees deur vrees vir die ergste nie, ʼn soort burgeroorlog/volksmoordscenario, terwyl die realiteit waarmee ons sit, met aanvalle en moorde elke dag, erg genoeg is en ons volle aandag verg. Orania word gereeld betrek by sulke “wat as…?” scenario’s dat daar tientalle busse met gewapende EFF-lede op ons…
Read more
  • 0