Orania pins its hopes on Ramaphosa

Between the election of Cyril Ramaphosa as president of the ANC and the relaxation of liberal individualism’s stranglehold in Europe, 2018 may be the right time to start pushing for a full-blown Afrikaner homeland again, the Orania Movement believes. Even if that is not the case, changes in the political winds at least mean that the proto-homeland movement can insert itself into the post-colonial discourse elsewhere in Africa, and link itself with “increasing cultural awareness in Eastern Europe”. Because, after decades of it being the preserve of the fringes, “cultural self-determination is again a subject that can be discussed in polite conversation”, said Orania Movement President Carel Boshoff Jr in an open letter this week, in which he called for renewed involvement in and support for an Afrikaner homeland. Afrikaners have less leverage and fewer resources than they did in 1988, when a predecessor to the Orania Movement started pushing for such an enclave, Boshoff…
Read more
  • 0

Die Orania Beweging se volk-staatbetoog vir 2018 ʼn Ope brief aan Afrikanerbesluitnemers

Geagte mede-Afrikaner, Dit is vandag 30 jaar gelede dat die Afrikanervryheidstigting, die regstreekse voorganger van vandag se Orania Beweging, in die lewe geroep is. Op 16 Januarie 1988 word ʼn verklaring met die volgende strekking uitgereik: Die Stigting se hoofdoel is om die Afrikanervolk se vryheid op staatkundige, ekonomiese, onderwys- en ander terreine te bevorder. • Die oprigters sluit in prof. CWH Boshoff, drs. CJ Jooste en JJ Henning, mnre. DJ Viljoen en MR Marais. Prof Boshoff het sy amp by die Universiteit van Pretoria neergelê om hom voltyds aan die Stigting se werksaamhede te wy. • Die Stigting se aard sal nie-partypolities wees en hy sal hom buite-parlementêr beywer vir die Afrikaner se voortbestaan in sy eie land. • Hierdie drastiese stappe is genoodsaak deur die destydse owerheidsbeleid wat op swart oorheersing van die hele Suid-Afrika afgestuur het, ongeag pogings om dit deur ingewikkelde formules en waarborge te omseil. Dit sou die Afrikanervolk nie …
Read more
  • 0

Afrikaans, Engels, nasiebou en vervreemding

So pas is waarskynlik die laaste veldslag oor die behoud van Afrikaans as hoër onderwystaal verloor deur die uitspraak met betrekking tot die Universiteit van die Vrystaat. Aan die een kant is dit hartseer, aan die ander kant sou ʼn ander besluit die lyding net uitgerek het. Ten minste is dit nou vir almal duidelik om te sien: daar is geen toekoms vir Afrikaans (behalwe binne die private ruimte nie) binne die ANC-staat nie, want die vereiste van “transformasie” staan voorop, voor taal- en kultuurregte. Dit behoort ook vir ons mense te wys dat ons nie ons hoop op die grondwet of die howe moet bou nie. Afrikaner, jy is op jou eie. Die argument van die universiteitsbestuur, en die regering, is dat Engels verenigend is, omdat dit die wêreldtaal is, en omdat dit in Suid-Afrika die lingua franca is, almal se tweede taal (behalwe vir die klein groep Engelssprekende blankes) is en dat Afrikanerstudente nie die voordeel van onderwys in hulle eie taal mag kry nie, want dit gee hulle ʼn …
Read more
  • 0

Orania enigste volhoubare en langtermyn oplossing vir die onsekerheid en vervreemding wat ons mense tans teister

Jaco Kleynhans, Uitvoerende hoof van die Orania Beweging skryf: "Die werklike tekens van hoop vir die Afrikaner lê op ’n minder materiële terrein en in besonder in ons mense se toenemende vermoë om buite die klassieke grense van Suid-Afrika en sy dinge na oplossings vir die toekoms te kyk. Hier verwys ek juis nie na emigrasie nie, maar eerder na die afskud van die beperkende visie wat die huidige politieke orde in Suid-Afrika vir ons inhou. Afrikaners se bereidwilligheid om gedurende Oktober op ’n baie spontane wyse regoor Suid-Afrika aan die sogenaamde Swart Maandag-optogte deel te neem, was ’n baie goeie voorbeeld van ’n volk wat begin om sy eie reëls te maak. Terwyl ons reeds vir meer as 25 jaar die Orania-idee aan Afrikaners voorstel, is daar juis weens ’n snelveranderende denke by Afrikaners die afgelope tyd ’n groterwordende herbesinning oor die idee van volwaardige Afrikanerselfbeskikking in die Noordwes-Kaap. Die Orania Beweging het vanjaar sy beste groei nog o…
Read more
  • 0