Hoe kan meer Afrikaners gereed word vir die Orania-idee?

Die gesegde lui dat niks so onkeerbaar is as ‘n idee waarvoor die tyd ryp is nie. Hiermee is die idee se aanvaarbaarheid afhanklik van die tydsgleuf waarin dit ontvang word, terwyl die tyd self onkeerbaar voortstoom. Laasgenoemde skep die vermoede dat indien die idee nie soos ‘n veldbrand versprei nie, die tyd nie daarvoor ryp is nie en dat daar moontlik min salf aan te smeer is. Volgens baie Afrikaners se kommentare op sosiale media gaan dit “nog te goed” met Afrikaners om die Orania-ideaal op groot skaal te ondersteun, wat gesien word as “teken dat die tyd nie ryp is nie.” Die Amerikaanse mediese dokter en navorser, dr. Atul Gawande, het die verskynsel dat sekere idees vinniger aangeneem word as ander vanuit ‘n mediese hoek toegelig in ‘n artikel in die New Yorker. Hy verduidelik hoe uiteenlopend daar gereageer is op twee van die mees belangrike deurbrake in die mediese wêreld gedurende die negetiende eeu. Eerstens was daar die ontdekking van narkose wat soos ‘n veldbra…
Read more
  • 1

Bittereinders en verraaiers

NP van Wyk Louw. Foto: Af.wikipedia.org

Willie Jansen van Rensburg van Moreleta Village skryf:

In die drama Die pluimsaad waai ver van NP van Wyk-Louw kom die verwysing na die bittereinders en die verraaiers dikwels voor. President Steyn en generaal Christiaan De Wet is die helde wat bereid is om tot die bitter einde die stryd voort te sit. Daarteenoor staan generaal Piet de Wet bekend as een van die verraaiers, nadat die Engelse onder meer die hoofstede ingeneem het.

Generaals Piet de Wet en Marthinus Prinsloo het nie die sinvolheid van voortgesette militêre stryd ingesien nie. Reeds teen die einde van Junie 1900 was die hoofstede van die Boererepublieke ingeneem en was die Britte in beheer van die totale infrastruktuur en administrasies.

Terugskouend ontstaan die vraag of die volksleiers met wysheid opgetree het deur burgers te beveel om voort te veg. Indien die leiers teen Julie 1900 bes gegee het, sou die sterftesyfer v…

Read more
  • 0

Orania Vroueboer se hande staan vir niks verkeerd nie

“’n Boer klok sesuur in en nooit weer uit nie,” sê Zoey Botha, ’n regte vroueboer met ’n rok en vellies van die plaas, Doringdraai, net buite Orania. Sy boer met lusern en sy glo ’n boer moet betrokke wees by alles op sy (of haar!) plaas. Zoey het begin met ’n skaapboerdery, maar sy was nie goed genoeg ingerig daarvoor nie en het gesukkel om arbeid te kry om haar te help. Sy het ook te geheg aan haar skaapfamilie geraak. “My familie het gesien dat die skape nie die slagpale gaan haal nie en net op die plaas gaan bly, want ek het vir die skape name begin gee. So toe het ek op die ou einde besluit om hulle maar eerder te verkoop.” Nou boer Zoey met gewasse. “Maar ek sal weer eendag met skape boer as ek kan. Ek mis veral lamtyd,” sê sy. Doen dit self Zoey plant 18 hektaar lusern en het twee viertoring spilpunte en ’n eenhektaar wateraangedrewe spilpuntjie op Doringdraai. Sy is nie die tipe boer wat staan en kyk hoe dinge gedoen word nie, sy dien self kunsmis toe en …
Read more
  • 1

Die werklikheid vir soveel van ons mense

Pieter Hattingh is op sy plaas Doringfontein op 16 Januarie 2003naby Roedtan aangeval. Hy is Sondag 19 Januarie 2003 aan sy beserings oorlede. Twee sinnetjies. Twee kort sinnetjies wat my sommige aande laat wakker skrik. Ek is Pieter Stephnaus Krige en ek wil graag met julle hierdie twee sinne deel, omdat hierdie twee sinne my lewe aangrypend verander, nie net in 2003, maar daagliks. Hierdie twee sinne is moontlik die grootste motivering hoekom ek met angs en oorgawe my volle gewig en energie binne Orania uitwoel. Hierdie twee sinne is in ’n sekere sin, op ‘n diep persoonlike vlak, lotsbepalend, omdat dít my maak wie ek vandag is. U sien, Pieter Johannes Hattingh, was my Oupa gewees, my ander Oupa het ek nooit kon ken nie, hy is jare voor my aankoms in hierdie wêreld al na ons Heer, maar Pieter Johannes Hattingh was die oupa wat ek as oupa Boet geken het. Soos die tyd aanstap, onthou mens grepe, gebeure; hoe hy altyd skelm R20 in my sak kon druk na ’n kuier en ons moes ry…
Read more
  • 0

ʼn Volk staan op. Gister en vandag – van Helpmekaarbeweging tot Reddingsdaadbond

Die Helpmekaarbeweging was die eerste georganiseerde opheffingsbeweging na die Tweede Vryheidsoorlog. Dit is gebore uit die Rebellie van 1914 en 1915, toe Afrikaners wat gekant was teen Suid-Afrika se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog aan die kant van Brittanje en teen Duitsland, deur middel van gewapende protes hulle misnoeë daarmee gewys het. Die rebellie is vinnig onderdruk deur die regering van Louis Botha. Die rebelle is in die tronk gesit en daar is groot skadevergoedingseise teen hulle ingestel. Die rebelle se vroue moes alleen die pot aan die kook hou en dit het maar gesukkel. Spontaan het Afrikaners, familie van die rebelle en diegene wat hulle goedgesind was, bymekaar gekom en die Saamwerk-Vereniging op 8 Februarie 1915 op Bethlehem gestig, wat vinnig uitgekring het oor veral die Oranje-Vrystaat en wat die doel gehad het om gesamentlik fondse in te samel om die skuld van die rebelle te betaal. Die naam is spoedig verander na die Helpmekaarvereniging. Op bykans …
Read more
  • 0

Die Koerde, die Katalane, die Afrikaners en Onafhanklikheid

In die volgende twee maande gaan twee referendums gehou word wat heelwat implikasies vir Europa sowel as die Midde-Ooste inhou. Op 25 September gaan die Koerde in die Noorde van Irak ʼn referendum hou oor onafhanklikheid. Skaars ʼn week later, op 1 Oktober, gaan die Katalane in die noordooste van Spanje ook stem of hulle onafhanklik wil wees. Hoewel die Koerde sowel as die Katalane se onafhanklikheidstrewe reeds vir dekades bekend is en albei gebiede tot ʼn groot mate reeds heelwat outonomiteit verkry het, is onafhanklikheid ʼn onbekende stap vorentoe. Onafhanklikheid, en die wettigheid van afskeiding, word ook tewens teengestaan deur die Irakse sowel as die Spaanse regering. Nasiestate Onafhanklikheidstrewes is nie ʼn nuwe konsep nie. Nasiestate soos ons hulle vandag ken, byvoorbeeld Duitsland, België, Turkye, Lesotho, Japan en ander, was al vir eeue betrokke in die strewe na onafhanklikheid. Heelwat oorloë is al daaroor gevoer, insluitend burgeroorloë, en daar is sekerlik…
Read more
  • 0

Skakerings van Groen 6 – Die seester

Tensy ons wil hê dat ons kinders eendag op ’n reusagtige ashoop woon, moet ons ons deel doen en herwin waar ons kan. Ons mag wel nie kan verander hoe die mensdom lewe nie, maar ons kan wel verander hoe dinge in ons eie huishoudings gebeur. ’n Ou man stap op die strand en kom op ’n jong seun af wat besig is om gestrande seesterre terug in die see te gooi. Die ou man bekyk die spul so ’n rukkie en vra dan vir die seun: ‘Hoekom mors jy jou tyd, daar is tog so baie van hulle, hoe kan jy ooit ’n verskil maak?’ Die seun tel nog ’n seester op en met die gooi sê hy: ‘Ek maak ’n verskil aan hierdie een’. Met die gedagte dat so min van ons hulpbronne as moontlik ons perseel behoort te verlaat, hier is wat om met hulle te doen ter voorbereiding van jou kostuin:   Metaal: blikkies, spykers en ander skrootmetaal: vir die bodem van die groentetuin beddings. Nie-glans koerantpapier en karton: bo-op die gras wat jy wil omskep in ‘n groentetuin en vir die komposhoop. Jo…
Read more
  • 0

Federalisme bly die antwoord op SA kruispad

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: Reint Dykema

Dit is duidelik dat Suid-Afrika nou in só ʼn omvattende krisis inbeweeg dat die land weereens voor ʼn historiese kruispad te staan gekom het. Die vraag is eerstens: Hoe het ons hier gekom? Tweedens volg: Hoe gaan ons hier uitkom?

Suid-Afrika het in die tagtigerjare algaande in ʼn politieke doodloopstraat beland, wat die destydse Nasionale Party-regering en die ANC as die twee hoofrolspelers van daardie tyd min beweegruimte gelaat het. Die ANC kon nie in sy doel slaag om die regering met ʼn gewelddadig rewolusie omver te werp nie, en die NP-regering kon nie genoeg swart vennote kry om sy hervormingsprojek te laat slaag nie.

Grootskaalse demografiese, politieke, ekonomiese en maatskaplike omwentelings het ʼn drastiese rigtingverandering genoodsaak. Daarby het die einde van die Koue Oorlog die politiek terselfdertyd “ontvries”, wat verdere druk op die twee hoofrolspel…

Read more
  • 0

Cosatu in Noord-Kaap eis dat Orania vas gevat moet word

Cosatu in Noord-Kaap eis dat Orania vas gevat moet word in die Noord-Kaap eis dat die regering optree teen die arrogante Orania, wat nie wil transformeer en inskakel by die Thembelihle munisipaliteit nie. In ‘n verklaring sê die kommunistiese vakbond dat hy kwaad is vir wat hy noem die toenemende rassisme in Orania, wat die demokraties verkose regering ondermyn. “Orania het aan ons almal bewys dat wittes nooit die regering van die dag sal aanvaar nie.” Cosatu is kwaad dat Orania eerder as ‘n land op sy eie aangebied word, in plaas van ‘n dorp. Omdat hulle nie wil inskakel by die groter munisipaliteit nie, hoort hulle nie in die Noord-Kaap of in die land nie. “Dieselfde mense gebruik die spoorweë en paaie van die land om hulle plaasprodukte en hulle families te vervoer.” Om dié rede eis Cosatu dat Orania meer moet betaal vir die gebruik van die land se infrastruktuur. Cosatu sweep inwoners van die Noord-Kaap op om transformasie in Orania te eis. “Ons kan nie gyselaar…
Read more
  • 0