Orania se ekonomiese model en die e-Ora

(Hierdie artikel het oorspronklik in Mei 2016 verskyn en word weens die debat oor die e-Ora en oor Orania se ekonomie met enkele toevoegings weer geplaas). Talle besoekers aan Orania (en waarskynlik nog meer mense wat Orania nog nie besoek het nie) het die persepsie dat Orania volgens een of ander sosialistiese model bestuur word, omdat ons sê dat ons ‘n gemeenskap is. Die persepsie is byvoorbeeld dat jy grond nie kan koop nie en dit nie jou eiendom is nie, maar dat jy net ‘n lewensreg het en dit ook nie mag verkoop nie, behalwe aan die maatskappy en sonder wins. Verder is die persepsie dat die dorp se inkomste uit die gemeenskaplike boerdery kom en die inwoners se inkomste na die bestuur toe gaan wat dit dan gebruik vir ontwikkeling en om almal se salarisse te betaal. Daar is blykbaar ‘n probleem om die idee van privaatbesit en privaatinisiatief met die idee van ‘n gemeenskaplike strewe te versoen. Privaat word gekoppel aan individualisme, en gemeenskap aan sosialisme…
Read more
  • 0

Gedagtes van ‘n gewone man – Om ‘n boom te plant

In die nagtelike ure voor die aanbreek van ’n nuwe week het ek, miskien deur ’n mate van moedeloosheid gedryf, besluit om weer die Gedagtes van ‘n gewone man te hervat. Nie dat ek ooit besluit het om dit te onderbreek nie, dit is asof die wintervakansie wat ek nie geneem het nie sigself as’t ware op dié manier op my gewreek het. Ten minste in één opsig was dit dus asof ek op die soort wekelange jagtog was waarvan ek onlangs in Eugene Marais se lewensverhaal gelees het. Dit is ook nie om dowe neute dat ek na Leon Rossouw se Die groot verlange verwys nie; een van daardie boeke wat mens altyd alreeds moes gelees het, maar by my tot nou agterweë gebly het. Maar wat ’n wonderlike ervaring! Wat ’n vreugde om te besef watse skatte daar vir opkomende geslagte in ons literatuur opgesluit lê. En dat verwys ek nog nie eers na Marais se eie werke, soos Die siel van die mier en The Soul of the Ape wat ek darem as hoërskoolkind gelees het nie. Die rede hoekom ek na Marais verwys (en ei…
Read more
  • 0

Skakerings van Groen – Opgeskote Tuinwerkers

As jy soos ek nie juis opgewonde raak oor die vooruitsig van ’n Saterdagmiddag se grond gaan losmaak in die tuin, stel ek jou aan jou nuwe tuinwerker voor: Die erdwurm. As jy ’n goeie tuiste vir hom skep, gaan hy jou grond los, deurlug, bemes, waterhoudend en goed gestruktuureerd hou. Erdwurms hou van klam grond vry van chemiese plaagmiddels met molm op. Op ons stukkie land het ons met aansienlike grou tot sover nog net op omtrent tien erdwurms afgekom. Op ’n erdwurmsoektog by ’n kollega het ek toe nog 5 bygekry, wat ek sorgvuldig in my tonnelbed begrawe het. Hopelik sal die getalle gou aangroei. In ons erdwurmplaas het ons wel baie ‘red wrigglers’, maar dis ’n soort ingevoerde erdwurm wat nie goed deug nie vir tuinbeddens nie.   Erdwurms eet organiese materiaal en help dat dit so vinniger in die grond afbreek. Hulle mis is waardevolle plantvoedsel en soos wat hulle afsterf, voed hulle die grond ook. Hulle kanaaltjies in die grond laat lug en water in en wortels k…
Read more
  • 0

Hoekom kan Orania nie alle arm Afrikaners help nie?

Die behoefte onder ons mense is groot en daagliks kry ons versoeke van Afrikaners wat vra oor werk en behuising in Orania. Daar is ‘n verskil tussen iemand wat na Orania toe trek oor die ideaal en wat probeer uitvind watter werk daar is en watter eiendomme te huur of te koop is, wat vir enige verhuising ‘n voorvereiste is, en mense wat iewers gehoor het dat Orania arm Afrikaners help en wat wil kom met die verwagting dat Orania ‘n welsynsdorp is waar jy van toelaes en in gratis woonstelle kan bly. Ten eerste is ons fondse heeltemal te min om groot getalle Afrikaners deur middel van welsyn te help. Dink aan die reuse bedrae wat elke maand in staatspensioene uitbetaal word (wat nie eers lewensvatbaar is nie), en jy kry ‘n idee. Orania kan nie ‘n halfmiljoen behoeftige Afrikaners onderhou nie, nie eers 10 000 of ‘n duisend nie. Wat is dan die doel van Orania, sal mense vra, as julle nie iets kan doen aan die volk se ellende nie? Is dit dan net vir rykes? Daarop kan ons tw…
Read more
  • 5

Volkseie arbeid: Waarom is volkseie so belangrik?

Orania is gebou op volkseie arbeid. Vir ons wat hier woon is dit van selfsprekend en ons vergeet dikwels hoe vreemd die konsep vir mense buite Orania is, selfs vir sommige van ons ondersteuners. Volkseie arbeid is nie ‘n aardigheid nie, dit is as t’ ware die hoeksteen van Orania. Christenskap en Afrikanerskap is ook hoekstene van Orania, maar daar is ook ander dorpe wat ‘n Afrikaanse en Christelike karakter het, maar volkseie arbeid veral is dit is dit wat ons anders maak. Die ou Suid-Afrika was Christelik en Afrikaans gedomineerd, nogtans het dit tot ‘n val gekom. Daarom weer ‘n verduideliking hoekom volkseie arbeid so uiters belangrik is, meer nog, hoekom die konsep van Orania en die volkstaat daarsonder ondenkbaar is.   Demografiese meerderheidsbesetting Daar was al talle sogenaamde volkstaatplanne waarvan niks gekom het nie, omdat dit nie gepaard gegaan het met meerderheidsbesetting nie. Dit was planne (en daar is nog steeds sulkes) waar grense rondom wi…
Read more
  • 0

Orania se Ora gaan in ‘n nuwe digitale geldeenheid omskep word wat die Rand kan teenstaan

Ekonoom Dawie Roodt is betrokke by 'n projek om 'n nuwe digitale geldeenheid in die dorp van Orania te ontwikkel met die digitaliseering gebruik van hul bestaande Ora geldeenheid, wat die ekonomie van die dorp aansienlik sal verbeter. Die digitale geldeenheid sal met behulp van slimfone verhandel word, en Roodt het gesê dat hulle met kundiges gewerk het om die aanlyn-platform te skep. Die gedrukte Ora notas sal vervang word deur die digitale Oras, met Roodt wat verklaar dat dit die amptelike stop van die plan is. Maar dit is nie waar die potensiaal van die projek eindig nie, aangesien Roodt gesê het die digitale Ora kan 'n volwaardige geldeenheid word wat teen die rand meeding. In hierdie scenario sal dit nie deur die rand gerugsteun of gekoppel word nie. Roodt het gesê daar is verskeie opsies vir die digitale Ora, insluitende: Gerugsteun deur die rand - die waarde word gekoppel aan die randwaarde wat belê word. Gerugsteun deur 'n mandjie goedere - gewaar…
Read more
  • 0