Die einde van ʼn beskawing en die Benediktus-opsie

Ons volkstaters moet seker soos Jeremia voel: ons sien hoe ons voorspellings van vernietiging, waarvoor ons destyds verwyt is, waar word. Ons put geen genot daaruit nie, want dit breek ook ons hart om te sien hoe dit wat kosbaar en deel van ons erfenis is, te gronde te sien gaan. Party word doelbewus vernietig, ander gaan weens nalatigheid ten gronde. Al is ons in Orania en sien dit as alternatief tot Suid-Afrika en is bereid om daarvoor op te offer, is daar nog steeds ʼn band met Suid-Afrika en veral die Afrikaner- en Westerse erfenis. Ons het geweet dit gaan kom en ons word al jarelank deur gebeure en voorspellings daarop voorberei, nogtans skrik ʼn mens as dit werklik gebeur, want dit maak nog steeds seer. Dit help niemand om nou triomfantlik te verkondig: ”Ons het julle mos gesê dit gaan gebeur, al in 1983, 1992, 1994, 1999, 2009…” Immers is diegene wat nou sien hoe hulle naïewe optimisme aan flarde is, ons mense wat ons wil bereik en wat ons nodig het. Ja, hulle was ve…
Read more
  • 0

Nuuskommentaar: Fopnuus en betaalmure

Foto ter illistrasie

Kan dit wees dat ons, te midde van ’n inligtingsontploffing, vervlak in ons vermoë om te onderskei tussen belangrike nuus en sensasionele nuus, en dat ons debatsvermoë deur toenemende fopnuus ondermyn word?

Hoe sou dit gebeur dat ’n opskrif soos “Orania moet sluit, en skuif” met ’n meegaande berig ’n andersins gesaghebbende publikasie of nuuswebwerf haal? ’n Ingeligte leser se eerste instink sal wees dat dit ’n Aprilgek-storie is. Maar as dit nié 1 April is nie, sal daar dadelik vermoed word fopnuus het sy weg tot by die publikasie oopgebluf. Maar, so leer die ervaring, bitter baie mense sou met so ’n storie gevang gewees het.

Onlangs skryf Alida Kok, ’n dosent in politieke wetenskap aan Unisa, “die toenemende toeganklikheid van die internet en die vermenigvuldiging van mediaplatforms lei daartoe dat nuuswaardige sake baie meer intensief en meer herhaaldelik in die openbaar bespreek word”.

Dit lei, volge…

Read more
  • 0

Skakerings van Groen – Tussen tuinafval en plantkos

Die gehalte van ons grond bepaal die gehalte van dit wat ons daarin groei. Plantvoeding is vergelykbaar met wat ons liggame aan voedsel nodig het: ‘n plant in arm grond voel soos ons sou voel op ’n dieët van net brood en water. Voeg molm en kompos by en plante voel soos ons op ’n gebalanseërde dieet – vol energie – en hulle wys dit! Dit maak geen sin om te betaal om jou tuinafval te laat wegry net om dit weer te moet aankoop in die vorm van kompos nie. Maak jou eie! Kompos is die nommer een grondregmaker. Sit dit by kleigrond en dit verbeter die dreinering, sit dit by sanderige grond en dit maak dit meer waterhoudened. Met die regte bestanddele reg voor te berei, bevat kompos alle voedingsstowwe wat plante nodig het. Die regte bestanddele vir ’n komposhoop is kombuisafval, tuinafval, grond en perdemis – alles hier op Orania vryelik beskikbaar en, as jy dit reg bou, is dit binne 8 weke of minder gereed om te gebruik. Molm, die onderwerp van my vorige artikel, is in die kli…
Read more
  • 0

Orania veil twee kunswerke op ten bate van hulpbehoewende Afrikaners

Kunswerke deur twee van Suid-Afrika se skildermeesters word tans ten bate van hulpbehoewende Afrikaners in Orania opgeveil. Een is ’n Pierneef-skildery genaamd Struisbaai en die ander ’n Meerkotter getiteld Katedraalvenster. Die skilderye is deur Johanna Pohl, weduwee van die bekende Afrikaanse komponis en sanger Jan Pohl aan die Orania-beweging se Helpsaamfonds geskenk. Pohl, ook die broer van die afgestorwe aktrise prof. Anna Neethling-Pohl, is ná sy dood in Julie 1997 in Orania begrawe. Sy vrou bly steeds in Philippolis in die Vrystaat. Die skilderye kom uit haar en haar man se private versameling. James Kemp, die woordvoerder van die Orania-beweging, sê in ’n verklaring die Helpsaamfonds, ’n filiaal van die beweging, het ’n aanlyn veiling begin waar dié twee kunsskatte opgeveil word. “Die Helpsaamfonds se doel is om Afrikaner-armoede op ’n volhoubare wyse die hoof te bied. Dit sluit in die oprigting van subekonomiese behuisingsprojekte soos Elim,” het Kemp ge…
Read more
  • 0

Pierneef en Meerkotter opgeveil vir Afrikanerarmoede

“Katedraalvenster” deur Dirk Adriaan Meerkotter (1968) Foto: Orania Beweging

ʼn Filiaal van die Orania Beweging, die Helpsaamfonds, het ʼn aanlyn veiling begin waartydens ʼn Pierneef- en Meerkotterskildery opgeveil word.

Die Helpsaamfonds het ten doel om Afrikanerarmoede op ʼn volhoubare wyse aan te spreek. Dit sluit in die oprigting van sub-ekonomiese behuisingsprojekte. Die projekte sluit in Elim, wat behuising aan 47 mans voorsien, en Soetdoring, wat tans 12 gesinne huisves.

Volgens Pieter Krige, uitvoerende hoof van die Helpsaamfonds, sal die verkoop van die skilderye ʼn reusebydrae lewer tot die verdere oprigting van sub-ekonomiese behuisingsprojekte in Orania.

Die Pierneef-skildery is getiteld “Struisbaai” en is in 1950 geskilder. Die Meerkotter-skildery is getiteld “Katedraalvenster” en is in 1968 geskilder.

Die veiling kan by www.orania.co.za besigtig word en sluit op 21 Junie.

Read more
  • 0

Pierneef en Meerkotter opgeveil vir Afrikanerarmoede

“Katedraalvenster” deur Dirk Adriaan Meerkotter (1968) Foto: Orania Beweging

ʼn Filiaal van die Orania Beweging, die Helpsaamfonds, het ʼn aanlyn veiling begin waartydens ʼn Pierneef- en Meerkotterskildery opgeveil word.

Die Helpsaamfonds het ten doel om Afrikanerarmoede op ʼn volhoubare wyse aan te spreek. Dit sluit in die oprigting van sub-ekonomiese behuisingsprojekte. Die projekte sluit in Elim, wat behuising aan 47 mans voorsien, en Soetdoring, wat tans 12 gesinne huisves.

Volgens Pieter Krige, uitvoerende hoof van die Helpsaamfonds, sal die verkoop van die skilderye ʼn reusebydrae lewer tot die verdere oprigting van sub-ekonomiese behuisingsprojekte in Orania.

Die Pierneef-skildery is getiteld “Struisbaai” en is in 1950 geskilder. Die Meerkotter-skildery is getiteld “Katedraalvenster” en is in 1968 geskilder.

Die veiling kan by www.orania.co.za besigtig word en sluit op 21 Junie.

Read more
  • 0

Bittereinderdag op Orania – onthou die verlede, bou die toekoms

Op 31 Mei het belangrike gebeure in die Afrikaner se geskiedenis plaasgevind. Die bekendste een is seker die stigting van die Republiek in 1961, maar die eerste groot en eintlik besonder hartseer gebeurtenis was die Vrede van Vereniging wat op 31 Mei 1902 onderteken is en waarmee die Boererepublieke Transvaal en Oranje-Vrystaat hulle vryheid verloor het. Dit was geen vrede met blydskap en triomf nie, maar met bitterheid en in die aangesig van derduisende vermoorde vroue en kinders en honderde afgebrande plase. Daarom staan die dag ook as Bittereinderdag bekend, om die te eer wat tot die bitter einde toe uitgehou het en word as sulkes in Orania herdenk. Nogtans markeer die dag nie net neerlaag nie, maar ook die begin van ‘nOx wagon 2 proses van heropstanding uit die as. Dit moet vir huidige geslagte Afrikaners wat in sak en as sit oor die verlies van mag en oor die onvermoë om die verval van alles wat vir ons mense kosbaar is te stuit as inspirasie dien. Die omstandighed…
Read more
  • 0