Kan intergrasie werklik slaag in die hedendaagse samelewing?

Integrasie is die towerwoord waarmee Europa glo dat hy die miljoene vlugtelinge wat uit veral lande van die Derde Wêreld instroom, kan beheer en tot landsburgers wat ʼn bydrae lewer en ʼn aanwins is, kan omskep. Veel warm lug is al geproduseer in die debatte en nog veel meer geld is al ingeploeg in burgerkunde, taalkursusse, inligting- en opleidingsessie, alles met die oog daarop om so veel as moontlik van die nuwe aankomelinge in die hoofstroom-samelewing in te smelt. Veel word gesê, veral van Europeërs, oor die ou Suid-Afrika onder bewind van die Nasionale Party, wat misluk het met sy beleid om mense volgens ras en etnisiteit te skei. Dit het nie gewerk nie, maar die teendeel, integrasie, gaan werk, so word geglo. Europa het min ervaring met die opbou van ʼn nuwe, multi-kulturele samelewing en sal gou ontnugter word oor die beperkinge van integrasie. As ʼn mens wil leer oor hoe integrasie van mense uit verskillende lande en agtergronde (met beperkinge) werk, moet ʼn mens eerder…
Read more
  • 0

Kort- en langtermyndenke van Orania

By die Orania Beweging (of dorpskantoor, of eiendomsagente) hoef ons nie koerant te lees om te weet of daar weer ʼn vreesaanjaende storie op die voorblaaie was nie, ons moet net kyk na die volumes navrae oor Orania. As daar weer ʼn misdaadgolf was, as ʼn nuwe skandaal die land skud, as nuwe wetgewing oor grondgryp voorgestel word, as daar slegte ekonomiese nuus is, dan lui die telefone en is die e-posbusse vol. Dikwels beteken die skielike belangstelling ook die eis na onmiddellike hulp: Orania moet nou vir my werk en behuising hê, nou moet “julle” iets doen aan hierdie en daardie dreigende toedrag van sake. Natuurlik is dit verstaanbaar, en ons kla glad nie oor die navrae en belangstelling nie, trouens, daarsonder sou ons die Orania Beweging kon toemaak. Hoe meer belangstelling, hoe meer navrae, hoe meer aansluitings, hoe sterker word Orania en die Orania Beweging en hoe meer geleenthede en plek kan ons vir ons mense skep. Maar, ongelukkig is die teendeel ook waar: as daar…
Read more
  • 0

Orania-fratsongeluk: ‘Ouers vind berusting in hul geloof’

Madalene Slabbert (links). Foto: Verskaf

Madalene Slabbert (15), die skoolmeisie van Olifantshoek in die Noord-Kaap wat Vrydag in ʼn fratsongeluk in Orania dood is, se ouers vind berusting in hul geloof.

Madalene was tydens die Paasnaweek deel van die ondersteuningsgroep vir ʼn sporttoernooi op Orania. Die toernooi het op Donderdag en Saterdag plaasgevind en word Maandag voortgesit.

“Vrydag terwyl hulle af was, het sy van ʼn bakkie af geval en is ernstig beseer. Twee paramedici en ʼn  mediese dokter was binne enkele minute op die toneel. Hulle is kort daarna bygestaan deur nog paramedici en ʼn verpleegster. Madalene is op die toneel oorlede. Die presiese oorsaak van haar dood sal eers by die nadoodse ondersoek bepaal word,” het James Kemp, kommunikasiebestuurder van die Orania Beweging, Sondag aan Maroela Media gesê.

Volgens Kemp is Madalene se familie en die organiseerders van die geleentheid steeds getraumatiseerd en nog nie g…

Tiener sterf tydens fratsongeluk in Orania

AVS Bokkieweek by Orania (Foto: Orania, Facebook

ʼn Vyftienjarige meisie van Olifantshoek in die Noord-Kaap is Vrydag in ʼn fratsongeluk in Orania dood.

Die jaarlikse Afrikaner Volkseie Sport (AVS) o/21-Bokkietoernooi vind tans in Orania plaas.

James Kemp, kommunikasiebestuurder van die Orania Beweging, het aan Maroela Media gesê die meisie was saam met haar ouers in Orania om hulle te help met kosvoorbereiding vir die spelers. Geen sportbedrywighede is Vrydag gehou nie.

“Sy het vanoggend van ʼn bewegende voertuig geval en lede van Orania-nooddienste het byna ʼn uur lank tevergeefs gepoog om haar by te bring,” het Kemp bygevoeg. Sy is op die toneel dood verklaar.

“AVS se bestuurspan het hulle medelye met die meisie se familie uitgespreek en staan hulle in die moeilike tyd by,” het Kemp gesê.

Die meisie se naam word tans weerhou op versoek van haar ouers. Die toernooi duur Saterdag voort.

Orania Karnaval Reuse Sukses

Die pasafgelope Karnaval, waartydens Orania se 25ste bestaan as Afrikanergroeipunt ook gevier is, was `n reuse sukses. Woensdagaand het dit afgeskop met die Kaalvoetkonsert wat elke jaar baie goed deur die gemeenskap ondersteun word (Lees meer oor die konsert in die berig ‘Pragtrappe amptelik onthul’). Donderdagaand het die sanger, Stef Kruger tydens die jaarlikse Aand van Legendes opgetree. Hy is verantwoordelik vir die skryf van groot treffers soos Pennies op die spoor, Grassade en vele ander. Vrydagaand se vuurwerkvertoning was weer `n hoogtepunt. Vanjaar is daar ook `n indrukwekkende lyndansvertoning aangebied. Vir die fikser feesgangers was daar `n aandwedloop aangebied deur Helpende Hand, asook `n Karnavalmyl wat die Saterdagoggend plaasgevind het. Saterdagoggend het die feestelikhede vroeg begin met stalletjies, verfbal, `n meganiese bul en verskeie ander aktiwiteite. In samewerking met Helpende Hand het die Orania Dorpsraad vir die eerste keer `n skopfietsresies…
Read more
  • 0

Orania Karnaval

Orania herdenk sy 6de Karnaval in 2017.  Almal word hartelik uitgenooi deel te wees van die dag se feestelike aktiwiteite. Tydsduur: 5-8 April 2017 Algemene inligting Woensdag 5 April Tyd Item 14:30 Kaalvoetkonsert: Wie laaste lag... Φ30 vir volwassenes en Φ15 vir skoolkinders. Gemeenskapsaal - Lida Strydom 053 2070 064 Kaartjies vooraf by Orania Poskantoor te koop  19:00  Amptelike opening Gemeenskapsaal - Harry Theron  19:00  Kaalvoetkonsert: Wie laaste lag... Gemeenskapsaal - Lida Strydom 053 2070 064 Φ30 vir volwassenes en Φ15 vir skoolkinders Kaartjies vooraf by Orania Poskantoor te koop DONDERDAG 6 APRIL Tyd Item 09:00 Huppelkind verjaardagviering Huppelkind - Esna Schumann 082 472 0637 14:00 Stigtingsdagviering: Aankoms van die Drommedaris, Reijger en De Goede Hoop-vlotte Oewerpark - James Kemp 071 151 6466 18:00 Bekendstelling: F-Reeks van Ora-stelle Gemeenskapsaal - Orania Sakekamer 082 683 6317 (Hierdie geleentheid vorm deel van die Klein Re…
Read more
  • 0

Bokkietoernooi in Orania bied geleentheid vir jong sportlui

AfriForum is vanaf 12 – 17 April weer betrokke by die jaarlikse Bokkietoernooi in Orania in die Noord-Kaap waar agt 0/21 rugby- en ses 0/21 netbalspanne van regoor die land mekaar die stryd gaan aansê.

Deelname aan sport op meriete het die afgelope jare vir talle jong Afrikanerseuns en  -dogters net ’n droom geword.

Druk op skole om sportspanne te transformeer, is aan die orde van die dag en op provinsiale en nasionale vlak dwing die regering ’n kwotabeleid af wat jong, belowende sportsterre uit spanne hou.

Fikile Mbalula, voormalige minister van sport, het by meer as een geleentheid die ANC se transformasie-agenda afgedwing wat tot nadeel van alle spelers met talent is.

Om meer geleenthede vir Afrikaners te skep om hul sporttalente uit te leef, is Afrikaner Volkseie Sport (AVS) reeds in 1992 begin. Dit bied aan jong sportlui die geleentheid om mededingend aan sport te kan deelneem sonder enige politieke inmengin…

Read more
  • 0