Poppie se broer, halfsussie glo ook aangerand

Kobus en Louisa Koekemoer in die hof (28 Maart 2017). Foto: Verskaf

Louisa en Kobus Koekemoer, Poppie se ma en stiefpa, word daarvan beskuldig dat hulle nie net vir Poppie se dood verantwoordelik was nie, maar ook haar vyfjarige broer en 15-jarige halfsuster aangerand het.

Die Koekemoer-egpaar het Dinsdag in die Brits-landdroshof verskyn, waar die saak na die hooggeregshof in Pretoria oorgeplaas is vir verhoor. Die saak sal van 30 Oktober tot 10 November aangehoor word.

Adrian Nell, Louisa se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media bevestig Louisa en Kobus sal op ʼn aanklag van moord, twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en ʼn aanklag van kindermishandeling tereg staan.

Die staat beweer die egpaar het Poppie, haar broer en haar halfsuster aangerand toe die gesin in Orania, Hopetown en Brits gebly het. Die staat het Dinsdag versoek dat die aanklagte, wat oor verskillende jurisdiksies strek, gesen…

Read more
  • 0

Poppie-saak dán aangehoor

Kobus en Louisa Koekemoer in die hof (28 Maart 2017). Foto: Verskaf

Nog aanklagte kan moontlik bygevoeg word teen Kobus (43) en Louisa (45) Koekemoer, wat albei teregstaan vir die moord op die driejarige Poppie van der Merwe, wanneer die verhoor in die hooggeregshof in Pretoria begin.

Die Koekemoer-egpaar het Dinsdag weer in die Brits-landdroshof verskyn. Adrian Nel, Louisa se regverteenwoordiger, het aan Maroela Media gesê daar is sprake dat nog aanklagte teen die egpaar aanhangig gemaak kan word wat glo verband hou met die tyd toe hulle in Orania gewoon het. Die egpaar staan tans op ʼn aanklag van moord tereg.

Die hof het Dinsdag gehoor dat die verhoor van 30 Oktober tot 10 November in die hooggeregshof aangehoor sal word.

Johan en Carla van der Merwe, Poppie se biologiese ouma en oupa, in die hof. Foto: Verskaf

Poppie is op 25 Oktober verlede jaar na ʼn hospitaal in Brits gehaas, nadat Kobus,…

Read more
  • 0

D-dag vir Poppie-saak

Kobus en Louisa Koekemoer tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Mariné Lourens

Kobus (43) en Louisa (45) Koekemoer, wat albei teregstaan vir die moord op die driejarige Poppie van der Merwe, sal Dinsdag weer in die Brits-landdroshof verskyn.

Die hof het tydens die egpaar se vorige verskyning gehoor dat die akte van beskuldiging nog nie gereed is nie en die saak is na vandag uitgestel. Adrian Nel, Louisa se regverteenwoordiger, het in Februarie aan Maroela Media gesê as die akte van beskuldiging nie teen vandag afgehandel is nie, sal hy ʼn aansoek indien dat die saak van die hofrol geskrap word.

Indien die akte van beskuldiging wel vandag gereed is, sal daar na verwagting op ʼn datum besluit word wanneer die verhoor in die hooggeregshof in Pretoria sal begin.

Nell het Dinsdagoggend aan Maroela Media gesê daar is ‘n moontlikheid dat nog aanklagte teen die egpaar aanhangig gemaak kan word wat glo verband hou met die …

Read more
  • 0

AfriForum-buurtwagnetwerk in Orania brei uit

AfriForum het in samewerking met Orania Veiligheid, op 9 Maart 2017, met die onderskeie polisiestasies asook die landbouprodusente in die omgewing, vergader. Hopetown, Luckhoff, Philipstown, Wanda, Vanderkloof en Petrusville se polisiestasies is tydens die vergadering verteenwoordig.

Hierdie vergadering volg ná ʼn onlangse plaasaanval naby Luckhoff, wat die behoefte na veiligheid onder lede van die gemeenskap versterk het. Tydens die vergadering is die samewerkingsooreenkoms tussen AfriForum en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bespreek en al die rolspelers teenwoordig het die ooreenkoms aanvaar.

Verskeie idees vir die skep van ʼn veiligheidsnetwerk het na vore gekom en daar is besluit dat AfriForum die gemeenskappe sal help om in die verskeie dorpe sterk strukture op die been te bring.

“Van hierdie areas het geen selfoonopvangs nie, wat uiters kommerwekkend is. Plaasopstalle is sover as 30 km uit mekaar en d…

Read more
  • 0

Skryfskool in Orania: ‘ʼn Voertuig vir ons hartstaal’

Frans de Klerk jr., Talia Hugo, prof. Nico Luwes, Lida Strydom, Stefnie Muller en Sumarie de Wet. (Foto: Ditsem Nuus)

Die Orania Kunsteraad (OKeR) het op 4 Maart ʼn toneelskryfskool in Orania gehou. “Ons het verlede jaar ʼn toneelstuk opgevoer en dit was so suksesvol dat ons besluit het om ʼn skryfskool aan te bied,” vertel Stefnie Muller, die organiseerder van dié geleentheid.

Prof Nico Luwes, die aanbieder van die skryfskool, het die skrywers veral meer geleer oor die regie en spelriglyne van ʼn komedie. “Ons het ʼn tekort aan toepaslike komedie in Orania,” sê Muller.

Volgens Muller het 34 mense die skryfskool bygewoon. “Mense van Orania was daar en onderwysers het selfs van ons buurdorp, Hopetown, gekom om dit by te woon.”

“Ons hou nou ʼn kompetisie waaraan enigeen kan deelneem,” sê Muller. “Dit moet ʼn komedie wees van ongeveer ʼn uur lank wees. Die drie beste toneelstukke sal gekies word en prof Luwes gaan help met die slyp va…

Read more
  • 0