Die Slag van Majuba. Foto: Wikipedia.org/Richard Caton Woodville, Jr.
Die Britse weermag het die Tweede Vryheidsoorlog met die kreet “Onthou Majuba!” ingegaan. Dié kreet het sy ontstaan in die laaste slag van die Eerste Vryheidsoorlog toe die Boere die Engelse oorwin het en die vryheid van die Boererepublieke herstel is. Vandag onthou ons steeds Majuba. Die afgelope naweek het honderde Afrikaners die slag by die Majubaberg herdenk en op verskeie plekke, soos Orania, word dit as ʼn vakansiedag herdenk.
In ons huidige gejaagde lewenspatroon is dit baie maklik om verwyder te raak van ons erfenis. Op Geloftedag staan ons ʼn wyle stil en herdenk die oorwinning tydens die Slag van Bloedrivier. Dié dag val darem aan die begin van die Desembervakansie. Maar Majubadag, Van Riebeeckdag en selfs Hemelvaartdag gaan ongesiens verby. Toe die vakansiedae destyds afgeskaf en vervang is met Vroue-, Jeug- en Werkersdag was daar verskeie Afrikaners wat gesê …