Studente toer deur Kalahari op Rebelspoor saam met AfriForum Jeug

Lede van AfriForum Jeug het verlede week van Olifantshoek na Orania getoer tydens dié jeugvleuel se jaarlikse nasionale leierskapsontwikkelingstoer.

Sowat twintig studente van verskeie AfriForum Jeug-universiteitstakke, wat NWU-Pukke, Tukkies, Kovsies asook Maties insluit, het die toer meegemaak. Dr. Louis Bothma, skrywer van Bloemfontein, het hulle na verskeie slagvelde en besienswaardighede geneem wat in Rebelspoor ter sprake is.

Bothma is die outeur van Rebelspoor, ʼn omvattende boek wat handel oor die gebeure kort voor, tydens en ná afloop van die Rebellie van 1914/1915.

Met ses bestemmings wat oor sowat 2 500 km gestrek het, het studente meer oor die kultuur, geskiedenis, erfenis en invloed van rebelle soos Koos de la Rey, Christiaan de Wet, Jan Kemp, Jopie Fourie en Manie Maritz geleer.

Volgens Bothma is daar baie lesse uit dié deel van die geskiedenis wat vandag steeds op Afrikaners van toepassing is. Hy meen dat ouer generasies nie n…

Read more
  • 0