AfriForum: Bewaar jou erfenis

Jeugvleuels van plaaslike AfriForum-takke gaan vandeesmaand woeker en Erfenisdag vier deur verskeie erfenisprojekte in hul dorpe aan te pak.

Van dié projekte sluit onder meer die skoonmaak van erfenisterreine en begraafplase asook die opknap van monumente en dorpsingange in.

In Piet Retief gaan die jeug die Van Riebeeck-park, asook die twee monumente wat in dié park op Van Riebeeckdag (6 April) in 1952 opgerig is, skoonmaak. In Delmas gaan die Groot Trek-monument, wat tans toegegroei en vervalle is, skoongemaak word en die storie agter die monument aan die gemeenskap vertel word tydens ʼn byeenkoms.

In Kuruman gaan die jeugvleuel hande vat met die munisipaliteit en die Oog, wat ʼn plaaslike varswaterbron-gebied is, herstel. Dit is tans toegegroei en met rommel bestrooi.

Ander soortgelyke aksies sal ook in Kempton Park, Kimberley, Vaalharts, Orania, Tzaneen, Nylstroom, Marble Hall, Bethlehem en Bloemfontein plaasvind. Volgens Marlé Odendaal, plaas…

Read more
  • 0