SEB: Miskien Orania se grootste geskenk nóg

Deur Stefan Pieterse – Nasionale Woordvoerder AfriSake

Die regering maak geen geheim daarvan nie dat hy die formule 80-9-9-2 op alles en almal in Suid-Afrika van toepassing sal en wil maak. Volgens die regerende party is dit bly of gly vir enigiemand wat nie hiermee saamstem nie. Die formule word daagliks in transformasie- en regstellendeaksiebeleidsdokumente gevind wat as politieke pynpille vir enigiets van verkiesings tot swak ekonomiese groei aangebied word.

Maar, die groot probleem met die formule is dat Suid-Afrika ʼn groot land met provinsies, stede distrikte en voorstede is. Van Durban se voorstede het oorwegend Indiër-inwoners, Mitchellsplein het oorwegend bruin inwoners en wat van die Khoi San? Elkeen van hierdie kultuurgroepe het ʼn ander manier van dink, doen en glo en hierdie kultuurgroepe moet ook in die werkplek, kerk, skool en gemeenskap weerspieël word.

Waarheen moet kultuurgroepe wat nie deel van die 80% uitmaak nie? Waarheen met me…

Read more
  • 0

Orania se stadsdroom vir Afrikaners

Ek het in Pretoria as ʼn regte stadsjapie grootgeword. Naweke het ons by winkelsentrums gaan fliek en melkskommels gedrink en toe ons ouer word, was dit drankies en etes by een van die vele uithangplekke in die stad. Ek het baie tyd in musiekwinkels met hulle oneindige verskeidenheid deurgebring en my vriendinne het hulle verlustig in die nuutste uitrustings in winkelsentrums. Omtrent al my vriende het ná skool universiteit toe gegaan waar hulle grade verwerf het. ʼn Groot deel van ons vriendekring het hulle in ʼn professie bekwaam wat beteken dat werksgeleenthede tot groter plekke soos Pretoria, Johannesburg, Kaapstad en Bloemfontein beperk is.

Toe ek ʼn paar jaar gelede na Orania verhuis het, was my vriende uit die veld geslaan. Nie omdat Orania se strewe vir hulle vreemd was nie, hulle is immers almal trots op hulle herkoms en erfenis, maar omdat Orania ʼn dorp is. Hulle was bekommerd oor waar ek sou gaan fliek, ʼn bier drink en klere koop. Hulle was bekommerd dat my lew…

Read more
  • 0

Plan van R180 miljoen om van Orania ʼn stad te maak

Foto: Orania Ekonomiese Ontwikkleingsplan

ʼn Ekonomiese ontwikkelingsplan wat ten doel het om Orania van ʼn dorp tot ʼn stad te laat groei is Dinsdag by die Stadskonferensie in Pretoria bekendgestel.

Ingevolge dié plan sal meer as R180 miljoen oor die volgende vyf jaar in verskillende projekte belê word.

Frans de Klerk, uitvoerende hoof van die Orania Dorpsraad het daarop gewys dat die meeste Afrikaners makliker in ʼn stedelike omgewing sal vestig. “Die meeste Afrikaners is stedelinge. ʼn Stad bied meer werksgeleenthede en ook die geleentheid om in sekere rigtings te spesialiseer,” het hy verduidelik.

Die plan is oor twee jaar voltooi wat ʼn volledige studie van die dorp se groeipotensiaal, behoeftes en geleenthede insluit en is in samewerking met vennote, wat in dorpsontwikkeling spesialiseer, opgestel.

Die strategie vir die volgende vyf jaar sluit in die oprig van ʼn ontwikkelingskantoor, die ontwikkeling van nuwe erwe, n…

Read more
  • 0