Lees jongste Forum Tydskrif nou ook aanlyn

Die eerste uitgawe van AfriForum se tydskrif, Forum, vir vanjaar is nou ook aanlyn vir lede beskikbaar.

Die uitgawe is propvol aktuele inligting en nuuswaardige aktiwiteite waarby die burgerregte-organisasie die afgelope maande betrokke was.

In dié uitgawe, wat ook saam met AfriForum se 10 Jaar-gedenkuitgawe uitgebring is, fokus Kallie Kriel, uitvoerende hoof, op hoe die organisasie te midde van vandalisme en ontwrigtingswerk op universiteitskampusse, besig is om onverpoosd voort te gaan om aan die toekoms te bou. Dit word ondersteun deur artikels oor die aksies wat AfriForum en AfriForum Jeug aangepak het om Afrikaans op kampusse te behou en te bevorder en om studente te bemagtig om hulself te beskerm en te verdedig.

Daar is ook ’n insiggewende artikel oor die amptelike bekendstelling van Akademia se nuwe perseel, geboue en tegnologie wat in die lig van toenemende chaos en uitsluiting by openbare universiteite in die toekoms ’n alternatief vir h…

Read more
  • 0

Hoekom ek vir en nie teen Orania is

Ek het onlangs weer die geleentheid gekry om die pragtige dorp Orania te besoek toe die gewilde Bokkieweek hier aangebied en geskiedenis gemaak is met die eerste o/21-rugbytoernooi wat hier plaasgevind het.

Bokkieweek word elke jaar ook in Kroonstad of Naboomspruit aangebied. Vanjaar was egter baie spesiaal met Orania wat as gasheer en AfriForum wat as hoofborg opgetree het.

Orania het my opnuut beïndruk met sy skoon omgewing en baie gasvrye en hardwerkende inwoners. Dit was ’n belewenis en onvergeetlike ervaring om te sien hoe 1 200 inwoners hul huise en harte oopgemaak het om 150 jong opkomende rugbyspelers welkom en tuis te laat voel.

Die propvol Bokkieweek-program het met ’n verwelkomingsdinee afgeskop met watertandlekker “ma-se-kos-geregte” wat die inwoners self voorberei het. Rugbyspanne van Griekwas, Kaveliers, Noord-Gauteng, Hoëveld, Vaaldriehoek het teen mekaar kragte gemeet. In die finale rondte het Noord-Gauteng en Hoëveld mekaar gepak met No…

Read more
  • 0