AfriForum-toekomsdebatte

Deur: Flip Buys

 

AfriForum het besluit om ’n spesiale reeks toekomsdebatte op ons blog te voer deur een van ons bewegingsleiers ’n vraag te vra wat gereeld aan AfriForum gestel word. Wat hierdie toekomsdebatte egter anders gaan maak, is die uitdruklike versoek dat dit op ’n vernuwende en oorspronklike wyse beantwoord moet word.

Ons skop hierdie debat af deur aan Flip Buys, voorsitter van AfriForum en die Solidariteit Beweging, te vra of selfbeskikking op praktiese wyse enigsins moontlik is. Die rede vir hierdie vraag is dat ons lede ons gereeld daaroor uitvra.

Agtergrond: Die Beweging se beleid is om voorsiening te maak vir drie uitdagings, en ons Helpmekaar 2020-plan het daarom ’n drieledige fokus:

Uitdagings wat almal in Suid-Afrika (’n nasionale gemeenskap) raak, soos munisipale verval; Uitdagings wat alle Afrikaanssprekendes (’n taalgemeenskap volgens die Grondwet se Artikel 31) raak, soos Afrikaanse onderrig; Uitdagings wat Afrika…
Read more
  • 0

Teenkanting ná minister PanSAT ontbind

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur (Argieffoto uit 2014) Foto: GCIS

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur wat Woensdag aangekondig het dat hy die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) ontbind het weens swak prestasie en ʼn gebrek aan leierskap, se besluit word uit talle oorde veroordeel.

Volgens die burgerregte-organisasie AfriForum bewys die ontbinding van die raad die regering se gebrek aan respek vir taalregte.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum en verantwoordelik vir taalkwessies, het Vrydag gesê dat PanSAT reeds ʼn geruime tyd in omstredenheid gehul is. “AfriForum het verskeie klagtes oor growwe taalregteskendings by PanSAT ingedien, sonder om enige reaksie daarop te ontvang. Bewerings oor finansiële wanbestuur en kaderontplooiing, ʼn gebrek aan deursigtigheid en aanspreeklikheid, asook lang tydperke sonder ʼn raad lê al jare lank die instelling lam. Die optrede van die onlangs aangestelde raad (…

Read more
  • 0