In diepte: Monumentale fiasko om die geskiedenis weg te vandaliseer

Argieffoto: UCT/Facebook

James Kemp en Susan Lombaard

Die vandalisering van standbeelde het die nuus vroeër vanjaar oorheers, tot talle debatte gelei en groot ongemak veroorsaak in ’n land waar rasseverhoudings reeds broos is. Maar wat is die eintlike redes agter die beskadiging van standbeelde? En is dit iets wat eie is aan Suid-Afrika?

Die standbeeld van Cecil John Rhodes sit al sedert 1934 peinsend en tuur oor die rugbyvelde van die Universiteit van Kaapstad, sy blik in die rigting van donker Afrika. Vir sommiges is Rhodes die heroïese 19de eeuse politikus, mynmagnaat en sakeman, vir ander weer die gevoellose kapitalis-imperialis, afhangend van jou perspektief.

Aktiviste by dié universiteit kla reeds die afgelope twee jaar of wat toenemend oor die teenwoordigheid van die standbeeld op hul kampus. Dit is egter eers in Maart vanjaar dat hulle aksie geneem het deur menslike ontlasting oor die kunswerk te smeer en só maksimu…

Read more
  • 0

Selfbesluitneming die antwoord op swak staatsbesluite

Suid-Afrika steier die afgelope jare onder die gevolge van ons swak regering. Beurtkrag het die verval in ons huise ingebring, en is saam met die misdaad buite simbolies van die staat se swak besluite. Hoewel Suid-Afrika nog ver van algehele staatsverval is, het groot dele van die staat al verval: die meeste openbare skole, talle munisipaliteite, baie staatshospitale, verskeie provinsies, honderde polisiestasies, groot dele van staatsdepartemente, terwyl die meeste openbare ondernemings net deur ons belastinghulp en hulle monopolie aan die gang gehou word. Hierdie krisis van swak staatsbesluite word vererger deur die staat se inmenging in die vryheid van besighede, die media, die regbank, kultuurgroepe, skole, universiteite, staatsinstellings en bykans elke deel van die samelewing. Dit is asof die regering die burgery sien as politieke minderjariges wat nie in staat is om self te besluit oor sake wat hulle raak nie. As die Gautengse LUR vir onderwys nie ’n rassistiese skoo…

Read more
  • 0