Selfbeskikking: “Orania praat vir homself”

Borsbeelde op Monumentkoppie saam met die Klein Reus in Orania Foto: Orania, Facebook

Baie water het in die see geloop sedert ANC-onderhandelaars in die middel 1990’s aan voorstaanders van ‘n Afrikanervolkstaat gesê het you are barking up the wrong tree. Daarmee het hulle natuurlik bedoel dat die knoop nie by hulle of by die grondwetlike voorsiening daarvoor lê nie, maar by Afrikaners se eie onvermoë om praktiese uitdrukking daaraan te gee.

Min het egter ten aansien van Afrikaners se aanspraak op selfbeskikking verander. Dit is steeds ‘n begeerlike gedagte – wat deur niks soveel beperk word nie as deur ons eie ongereedheid daarvoor, ten opsigte van hetsy die ordening van mense met die oog daarop of ‘n gebied wat geskik is daarvoor.

Buiten natuurlik vir Orania waar ‘n groeiende gemeenskap nie net oor die gebied nie, maar ook oor die instellings beskik om ons eie besliute te neem en uit te voer. Dat dit tans nog op ‘n beperkte skaal…

Read more
  • 0