Afrikaans, Engels, nasiebou en vervreemding

So pas is waarskynlik die laaste veldslag oor die behoud van Afrikaans as hoër onderwystaal verloor deur die uitspraak met betrekking tot die Universiteit van die Vrystaat. Aan die een kant is dit hartseer, aan die ander kant sou ʼn ander besluit die lyding net uitgerek het. Ten minste is dit nou vir almal duidelik om te sien: daar is geen toekoms vir Afrikaans (behalwe binne die private ruimte nie) binne die ANC-staat nie, want die vereiste van “transformasie” staan voorop, voor taal- en kultuurregte. Dit behoort ook vir ons mense te wys dat ons nie ons hoop op die grondwet of die howe moet bou nie. Afrikaner, jy is op jou eie. Die argument van die universiteitsbestuur, en die regering, is dat Engels verenigend is, omdat dit die wêreldtaal is, en omdat dit in Suid-Afrika die lingua franca is, almal se tweede taal (behalwe vir die klein groep Engelssprekende blankes) is en dat Afrikanerstudente nie die voordeel van onderwys in hulle eie taal mag kry nie, want dit gee hulle ʼn …
Read more
  • 0

Orania enigste volhoubare en langtermyn oplossing vir die onsekerheid en vervreemding wat ons mense tans teister

Jaco Kleynhans, Uitvoerende hoof van die Orania Beweging skryf: "Die werklike tekens van hoop vir die Afrikaner lê op ’n minder materiële terrein en in besonder in ons mense se toenemende vermoë om buite die klassieke grense van Suid-Afrika en sy dinge na oplossings vir die toekoms te kyk. Hier verwys ek juis nie na emigrasie nie, maar eerder na die afskud van die beperkende visie wat die huidige politieke orde in Suid-Afrika vir ons inhou. Afrikaners se bereidwilligheid om gedurende Oktober op ’n baie spontane wyse regoor Suid-Afrika aan die sogenaamde Swart Maandag-optogte deel te neem, was ’n baie goeie voorbeeld van ’n volk wat begin om sy eie reëls te maak. Terwyl ons reeds vir meer as 25 jaar die Orania-idee aan Afrikaners voorstel, is daar juis weens ’n snelveranderende denke by Afrikaners die afgelope tyd ’n groterwordende herbesinning oor die idee van volwaardige Afrikanerselfbeskikking in die Noordwes-Kaap. Die Orania Beweging het vanjaar sy beste groei nog o…
Read more
  • 0

Orania en verset

Van Wyk Louw se bekende aanhaling uit “Lojale Verset” (1939) lui: “Opstand is net so noodsaaklik in ’n volk as getrouheid. Dit is nie eens gevaarlik dat ’n rebellie misluk nie; wat gevaarlik is, is dat ’n hele geslag sonder protes sal verbygaan.” Verset was en is nog altyd teenwoordig in die Afrikaner se geskiedenis. Adam Tas se Vryburger-opstand teen ʼn onregverdige VOC – bewind was dalk die eerste voorbeeld daarvan. Later was die Slachtersnek-rebellie, wat ook as ʼn mylpaal van verset teen oordrewe en hardhandige owerheidsoptrede gesien kan word. Die Groot Trek was ook ʼn voorbeeld van verset deur middel van trek eerder as opstand. In die Boererepublieke was daar dikwels verset teen die regering deur verskeie faksies wat sterk gevoel het oor ʼn saak. Die verset het ongelukkig die Boererepublieke dikwels verlam, maar ook gekeer dat mag gekonsentreer raak. Die twee Vryheidsoorloë was weer voorbeelde van heldhaftige verset teen Britse manipulasie en oorheersing. Reg en vryheid he…
Read more
  • 0

Geloftedag- is dit nog relevant vir ons vandag?

Op 16 Desember was Geloftedag gevier  in Orania, en talle Afrikaners oor die hele land heen. Dit herdenk die Slag van Bloedrivier, waar minder as driehonderd Voortrekkers onder leiding van Andries Pretorius aan die magtige Zoeloeweermag van koning Dingaan ʼn geweldige neerlaag toegedien het, in reaksie op die moorde op Piet Retief en sy afvaardiging, en die weerlose vroue en kinders wat in die laers agtergelaat is. Hulle het ‘n belofte aan God gemaak om die dag vir altyd soos ‘n Sondag te herdenk as hulle die oorwinning sou behaal. So vêr die feite in ʼn neutedop. Soos met alles wat die Afrikaner doen, is daar natuurlik ook kritiek op die viering van Geloftedag, sowel uit die kringe van ander volke, asook uit die kringe van mede-Afrikaners. Hoe antwoord ons op die mees algemene aantygings soos die volgende? Maak dit enigsins sin om iets te herdenk wat so lank terug lê en niks meer met ons huidige lewe te doen het nie? Wel, om te herdenk is per definisie om iets in her…
Read more
  • 0

Vrae en antwoorde oor die e-Ora

Die​ ​eOra​ ​is​ ​‘n​ ​digitale​ ​weergawe​ ​van​ ​Orania​ ​se​ ​privaat​ ​betaalmiddel,​ ​die​ ​Ora.    Die​ ​eOra​ ​ondergaan​ ​tussen​ ​einde​ ​2017​ ​en​ ​begin​ ​2018​ ​‘n​ ​toetsfase,​ ​oftewel​ ​betafase,​ ​en​ ​is  daarom​ ​slegs​ ​vir​ ​‘n​ ​beperkte​ ​groep​ ​gebruikers​ ​beskikbaar.     Hierdie​ ​dokument​ ​verskaf​ ​meer​ ​inligting​ ​oor​ ​die​ ​eOra. Agtergrond Die​ ​tradisionele​ ​Ora  Orania​ ​is​ ​bekend​ ​vir​ ​die​ ​gebruik​ ​van​ ​‘n​ ​betaalmiddel,​ ​oftewel​ ​eie​ ​“geldeenheid”,​ ​die​ ​Ora.​ ​Die  eenheid​ ​bestaan​ ​sedert​ ​2006,​ ​is​ ​een-tot-een​ ​gekoppel​ ​aan​ ​die​ ​Suid-Afrikaanse​ ​Rand​ ​en  word​ ​parallel​ ​daarmee​ ​in​ ​die​ ​dorp​ ​as​ ​betaalmiddel​ ​aanvaar.​ ​Die​ ​Ora​ ​word​ ​uitgereik​ ​deur​ ​die  plaaslike​ ​sakekamer,​ ​in​ ​samewerking​ ​met​ ​die​ ​plaaslike​ ​gemeenskapsbank,​ ​die​ ​OSK  Koöperatiewe​ ​Bank​ ​Beperk​ ​(OSK).    Alhoewel​ ​die​ ​betaalmiddel​ ​as​ ​‘n​ ​eie​ ​“geldeenheid”​ ​bekendstaan,​ ​is​ ​dit​ ​on…
Read more
  • 0

Gemeenskap van somer, son en saffier!

ʼn Stappie deur Orania, verlede week, om ons vriende ʼn kykie in die lewenstyl en daaglikse bedrywighede van die dorp te gee, het in Sonpak, Grootgeluk gaan draai. ʼn Foto of twee van die fraai “skeepshouerhuisies” daar, het soveel aandag getrek op ons facebookblad dat ons die eienaar, dr Ben de Klerk, genader het vir nog inligting. Dr de Klerk praat met groot passie van sy bedrywighede en projekte op Orania – hy “leef sy droom” soos hy dit omskryf. Hy was van die begin van Orania daadwerklik betrokke om aan die strewe van Orania inhoud te gee waarvan een die vestiging van hierdie unieke gemeenskap is. Dit moes onder andere bekostigbaar wees vir werkers- en middelklasinwoners omdat dit vir hom ook ‘n manier was om die gemeenskap van Orania te dien. Destyds, as gevolg van reëls en regulasies rondom die voorsiening van elektrisiteit en water, moes hy hom noodgedwonge wend tot sonkrag en boorgatwater op sy hektaar grondjie net langs die dorp. Tot sy vreugde was daar baie sterk …
Read more
  • 0

100 jaar van die Balfour-verklaring en die verband met die Afrikaner

100 jaar gelede is die sogenaamde Balfour-verklaring uitgereik, wat as die eerste impuls vir die stigting van die latere staat Israel in 1948 geld. Dit is vernoem na Sir Arthur Balfour, die Britse Minister van Buitelandse Sake tydens die Eerste Wêreldoorlog en ‘n ervare en langdurige parlementslid van die Konserwatiewe Party en selfs op ‘n tyd Eerste Minister van Brittanje. Balfour het in ‘n kort brief aan die verteenwoordiger van die Zionistebeweging in Brittanje, Walter Rothschild, die standpunt gestel dat die stigting van ‘n Joodse tuisland in Palestina die goedkeuring en steun van die Britse regering geniet. Daar was wel die beperking dat die Joodse vestiging in Palestina nie die bestaande Arabiese inwoners moet ontwrig en benadeel nie. Vir Balfour en Brittanje was die doel met die verklaring om die invloedryke Joodse gemeenskappe in Brittanje, die VSA en elders vir die oorlogspoging teen Duitsland en sy bondgenote te mobiliseer. Vir Rothschild was die brief van Balfour …
Read more
  • 0

Orania se 10 moet-doen-dinge

‘n Mens kan nie net deur Orania ry en dink jy verstaan die gemeenskap nie. Orania is ‘n komplekse dorp. ‘n Dorp waarvoor mens lief raak hoe meer tyd jy daar bestee. Die volgende aktiwiteite is ‘n MOET vir elkeen wat daarop wil roem dat hy/sy Orania beleef het. Koffie saam met die presidente Pak ‘n piekniekmandjie, ‘n flessie koffie of sommer net ‘n skemerdrankie en stap die kronkel-klippaadjie op na die bokant van die beeldekoppie. Die beste tyd van die dag hiervoor is rondom sononder. Dit is glad nie ‘n lang of moeilike klim nie. Wees tog net versigtig vir die haak-en-steek bome langs die pad. Moet nie hiervan ‘n vinnige op-en-af-aktiwiteit maak nie. Spandeer tyd daarbo, probeer al die vorige eerste ministers en presidente uitken sonder om na die naamplaatjies te kyk. Indien ‘n ouer persoon saamstap en ‘n bietjie van die geskiedenis kan vertel-soveel te beter! Jy is in die geselskap van legendes-besef dit, waardeer dit.  Swem na die Vrystaat Die Oranjerivier vor…
Read more
  • 0

Hoekom kan Orania nie vir almal wees nie?

Orania is sinoniem met uitsluiting en diskriminasie, so hoor ons dikwels, veral in die media, omdat ons onomwonde sê ons is ʼn Afrikanergemeenskap met ʼn Christelike grondslag wat volkseie arbeid gebruik en strewe na selfbeskikking, en dus sluit ons nie almal by ons gemeenskap in nie. “Kan ek as iemand wat ʼn probleem met bogenoemde het of nie een daarvan is nie Orania toe kom?” word dikwels gevra. Jy kan soos almal aansoek doen, maar hoekom wil jy deel van ʼn gemeenskap wees waar jy nie inpas nie en as die grondbeginsels jou pla? Dit wat almal eerste aantrek, naamlik veiligheid, het nie so seer te doen met goeie veiligheidsdienste (dit wel ook) of hoë heinings nie (wat ons nie het nie), maar met die homogene aard van ons gemeenskap, waar mense mekaar ken en mekaar vertrou en waar nuwe intrekkers eers verblyfreg moet kry, en les bes, met volkseie arbeid. Veiligheid is ook nie die primêre rede vir Orania se bestaan nie, maar die bewaring en uitbou van ʼn volk in bedreiging. Ca…
Read more
  • 0

Die altyd wederkerende vraag oor arm en ryk

Orania is nou al van sy begintyd af gewoond aan ewig dieselfde en wederkerende beskuldigings. Heel eerste is gesê dat ons nie water het nie omdat ons in die Karoo geleë is (al is ons teen die Oranjerivier geleë) en daarom nie kan boer nie. Nadat die groot landbouskema met pyplynstelsel en honderde hektaar waterregte aan die gang gekom het, het dié absurde beskuldiging verstom. Volgende, en iets wat nog steeds so nou en dan sy verskyning maak, was die “verregse/rassiste” beskuldiging of vooroordeel. Iewers moes selfs die laaste ou besef, na besoeke van presidente Mandela en Zuma, Julius Malema, talle premiers en swart joernaliste, amptenare en besoekers en die ontspanne verhouding met bruin- en swart mense in die omgewing, dat ons nie sulke groot rassiste kan wees nie en so het dié cliché verdwyn. Net buitelandse joernaliste, wat in elk geval min van Suid-Afrika verstaan, hou nog daaraan vas. Die volgende een (dikwels gelyklopend met die vorige een) was die een van agterli…
Read more
  • 0