Beskrywing

Beyers Boukontrakteurs is ‘n konstruksie maatskappy geleë in Orania in die Noord-Kaap. Die besigheid lewer reeds sedert 2005 ‘n diens aan die gemeenskap. Van die begin af was dit ons strewe om ‘n diens te lewer waarop mense kan staat maak.

Ons roem onsself daarop dat ons volkseie arbeid gebruik en so ‘n toekoms vir ons eie mense verseker. Dit dan ook die rede vir ons leuse: ONS HANDE ONS TROTS.

Ons verrig ‘n wye verskeidenheid van dienste maar ons fokus veral op die bou van nuwe wonings. Orania is ‘n vinnig groeiende dorp en staan kop bo skouers uit in die Karoo. Ons fokus is egter nie net op Orania nie maar ook op die omliggende dorpe.

Beyers Boukontrakteurs se sterkte lê daarin dat ons, ons ondervinding en kennis kombineer met die nuutste tegnologie en bou metodes om die uitdagings van alle projekte te oorkom en ook om die besigheids beginsels waarna ons streef altyd te bewaarheid.

Ons is trots daarop dat ons kliente hulle projekte met gemoedsrus en vertroue saam met ons kan aanpak.

Kommentaar

Leave a Reply

Koop en stuur blomme en geskenke aanlyn

Maatjie.com – Waar Sielsmaats en Maatjies Ontmoet in Afrikaans

Soek U akkommodasie, ‘n hotel of blyplek in Orania?

Booking.com

Bespreek U Huurmotor Nou