Orania en verset

Van Wyk Louw se bekende aanhaling uit “Lojale Verset” (1939) lui: “Opstand is net so noodsaaklik in ’n volk as getrouheid. Dit is nie eens gevaarlik dat ’n rebellie misluk nie; wat gevaarlik is, is dat ’n hele geslag sonder protes sal verbygaan.” Verset was en is nog altyd teenwoordig in die Afrikaner se geskiedenis. Adam Tas se Vryburger-opstand teen ʼn onregverdige VOC – bewind was dalk die eerste voorbeeld daarvan. Later was die Slachtersnek-rebellie, wat ook as ʼn mylpaal van verset teen oordrewe en hardhandige owerheidsoptrede gesien kan word. Die Groot Trek was ook ʼn voorbeeld van verset deur middel van trek eerder as opstand. In die Boererepublieke was daar dikwels verset teen die regering deur verskeie faksies wat sterk gevoel het oor ʼn saak. Die verset het ongelukkig die Boererepublieke dikwels verlam, maar ook gekeer dat mag gekonsentreer raak. Die twee Vryheidsoorloë was weer voorbeelde van heldhaftige verset teen Britse manipulasie en oorheersing. Reg en vryheid he…
Read more
  • 0

Geloftedag- is dit nog relevant vir ons vandag?

Op 16 Desember was Geloftedag gevier  in Orania, en talle Afrikaners oor die hele land heen. Dit herdenk die Slag van Bloedrivier, waar minder as driehonderd Voortrekkers onder leiding van Andries Pretorius aan die magtige Zoeloeweermag van koning Dingaan ʼn geweldige neerlaag toegedien het, in reaksie op die moorde op Piet Retief en sy afvaardiging, en die weerlose vroue en kinders wat in die laers agtergelaat is. Hulle het ‘n belofte aan God gemaak om die dag vir altyd soos ‘n Sondag te herdenk as hulle die oorwinning sou behaal. So vêr die feite in ʼn neutedop. Soos met alles wat die Afrikaner doen, is daar natuurlik ook kritiek op die viering van Geloftedag, sowel uit die kringe van ander volke, asook uit die kringe van mede-Afrikaners. Hoe antwoord ons op die mees algemene aantygings soos die volgende? Maak dit enigsins sin om iets te herdenk wat so lank terug lê en niks meer met ons huidige lewe te doen het nie? Wel, om te herdenk is per definisie om iets in her…
Read more
  • 0

Gemeenskap van somer, son en saffier!

ʼn Stappie deur Orania, verlede week, om ons vriende ʼn kykie in die lewenstyl en daaglikse bedrywighede van die dorp te gee, het in Sonpak, Grootgeluk gaan draai. ʼn Foto of twee van die fraai “skeepshouerhuisies” daar, het soveel aandag getrek op ons facebookblad dat ons die eienaar, dr Ben de Klerk, genader het vir nog inligting. Dr de Klerk praat met groot passie van sy bedrywighede en projekte op Orania – hy “leef sy droom” soos hy dit omskryf. Hy was van die begin van Orania daadwerklik betrokke om aan die strewe van Orania inhoud te gee waarvan een die vestiging van hierdie unieke gemeenskap is. Dit moes onder andere bekostigbaar wees vir werkers- en middelklasinwoners omdat dit vir hom ook ‘n manier was om die gemeenskap van Orania te dien. Destyds, as gevolg van reëls en regulasies rondom die voorsiening van elektrisiteit en water, moes hy hom noodgedwonge wend tot sonkrag en boorgatwater op sy hektaar grondjie net langs die dorp. Tot sy vreugde was daar baie sterk …
Read more
  • 0

Oostenryk: 100ste sterfdag van Keiser Frans Josef I

Frans Josef I. Foto: Pinterest.com

Op 21 November 1916 het die keiser van Oostenryk-Hongarye (ook bekend as die Habsburg Ryk), Frans Josef I, gesterf. Hy was 86 jaar oud en het 68 jaar lank regeer. Frans Josef I het ʼn hele era verteenwoordig en tye het radikaal verander in sy lang bewind, hoewel hy as konserwatiewe monarg probeer het om die ou orde so lank as moontlik te bewaar. Sy bewind stem ooreen met koningin Victoria van Groot-Brittanje, wat ook die grootste deel van die 19de eeu oor haar ryk regeer het.

Frans Josef I het die uiters diverse veelvolkige staat, Oostenryk-Hongarye, bymekaargehou deur middel van sy aansien en natuurlike outoriteit. Toe hy in 1848 aan bewind gekom het, was dit die tyd van onluste en revolusies en die posisie van die monargie was orals in Europa in die gedrang.

Dit is onderdruk en die glansryke troue met die beeldskone en selfversekerde hertogin van Beiere, Elizabeth, wat as “Sissi” ‘n karakter in …

Read more
  • 0

In diepte: Monumentale fiasko om die geskiedenis weg te vandaliseer

Argieffoto: UCT/Facebook

James Kemp en Susan Lombaard

Die vandalisering van standbeelde het die nuus vroeër vanjaar oorheers, tot talle debatte gelei en groot ongemak veroorsaak in ’n land waar rasseverhoudings reeds broos is. Maar wat is die eintlike redes agter die beskadiging van standbeelde? En is dit iets wat eie is aan Suid-Afrika?

Die standbeeld van Cecil John Rhodes sit al sedert 1934 peinsend en tuur oor die rugbyvelde van die Universiteit van Kaapstad, sy blik in die rigting van donker Afrika. Vir sommiges is Rhodes die heroïese 19de eeuse politikus, mynmagnaat en sakeman, vir ander weer die gevoellose kapitalis-imperialis, afhangend van jou perspektief.

Aktiviste by dié universiteit kla reeds die afgelope twee jaar of wat toenemend oor die teenwoordigheid van die standbeeld op hul kampus. Dit is egter eers in Maart vanjaar dat hulle aksie geneem het deur menslike ontlasting oor die kunswerk te smeer en só maksimu…

Read more
  • 0